Sarie

Ek is mal oor dadels in enige vorm, maar hierdie balletjies met die ligte rum-skop is buitengewo­on lekker.

- (bl. 137)

genoeg vir 40 balletjies

250 ml droë klapper, plus ekstra vir rol

4 x 250 g-pakkies ontpitte dadels 80 ml haselneutl­ikeur (Frangelico)

45 ml nartjiesap skil van 1 nartjie

750 ml pofrys

Pols klapper, dadels, likeur, nartjiesap en -skil in ’n voedselver­werker tot ’n growwe mengsel. Skep in groot mengbak en roer pofrys by. Vorm mengsel in klein balletjies en rol in ekstra klapper. Sit voor.

Wenk

Vir ekstra geur kan jy die klapper by 180 °C tot goudbruin oondrooste­r voor jy dit in die resep gebruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa