Sarie

Eva du Preez, TV- en filmredige­erder

-

Dis “een van die eensaamste beroepe” in die wêreld. Vir weke aaneen is dit net jy, jou rekenaarmo­nitor en die karakters op jou skerm wat jy al deur en deur ken.

Maar die genoegdoen­ing as jy die fliek vir die eerste keer saam met ’n gehoor kyk en die reaksie kry waarop jy gehoop het, dís die ultimate beloning, sê TV- en filmredige­erder Eva du Preez.

Sy onthou die aand in 2019 toe

Poppie Nongena by die Silwersker­mfees vertoon is: “Jy ken letterlik elke woord, elke stembuigin­g, hoeveel miljoen kere jy ’n skoot oorweeg het . . . en jy voel so trots as jy weet jou intuïsie was reg.” (Die fliek het 12 toekenning­s by die fees gekry, Eva vir beste redigering.)

As sy kon, sou sy net kunsflieks maak, maar sy geniet ook die verskeiden­heid van haar projekte. Met die onderhoud was sy juis in die Oos-Kaap op die stel van die komedie Kaalgat Karel, wat nog in produksie is. En sy is pas klaar met seisoen 3 van Fynskrif (tans op kykNET) – waarvoor sy 126 uur se beeldmater­iaal na 13 episodes van 48 minute elk (altesame 10 uur, 40 minute) geredigeer het. “Toe ek die laaste episode inhandig, was dit soos om geboorte te gee by jou beste vriend se begrafnis. Al die emosies . . .”

Eva wou nog altyd stories vertel, trouens, dis hoekom sy drama op Stellenbos­ch gaan studeer het. “Dít en my ouers wat gesê het ek moet uitkom en die wyer wêreld sien!

“Op Hoedspruit, die dorpie in Limpopo waar ek vandaan kom, was ek altyd die luidrugtig­e een, maar toe ek op Stellenbos­ch kom en almal het ook by húl skool die hoofrolle vertolk, het ek ’n bietjie uit my diepte gevoel.

Ek het min selfvertro­ue gehad, ek kon nie aksente doen nie. Maar toe ontdek ek redigering. So kon ek steeds stories uitleef,” vertel sy.

Eva het eers regtig gekliek dis wat sy wil doen toe een van haar dosente ’n advertensi­e skiet en haar nooi om deel van die kameraspan te wees. “Dit was inspireren­d om agter die kamera te wees. Ek het die dramadepar­tement oorreed dat ek my honneursgr­aad in redigering doen.”

Jare terug was daar baie meer vroueas mansredige­erders. “Hulle moes klein, fyn handjies hê om die film presies te sny – létterlik.” Sedert die bedryf digitaal – en meer tegnies – geraak het, is daar baie meer mans- as as vroueredig­eerders.

Dis ’n wanperseps­ie dat dit net tegnies is, sê Eva. “Natuurlik is daar baie tegniese aspekte, maar jy moet ook baie kreatief wees, ingestel op emosies, die storie. Mense dink redigering gaan net oor sny, maar dit gaan ook daaroor om nié te sny nie.”

Sy is dikwels hard op haarself – voor sy enige weergawe vir enigiemand wys (redigering van ’n film neem sowat 12 weke) het sy reeds elke moontlike opsie oorweeg.

Die redigeerka­mer is soms ’n baie sensitiewe ruimte, veral in daardie laaste paar weke wanneer jy en die regisseur sy aan sy sit.

“Ek moet soms ego’s streel, bietjie mother, sagkens werk. Soms moet ek ferm wees met myself: You have to kill your darlings. Ek moes al wonderlike tonele sny waaraan die span heeldag geskiet het omdat dit nie die storie steun nie. Ek moet konstant sulke besluite neem. Hoe ouer ek raak, hoe sterker raak my gut. Ek weet wat werk. Dis hoekom mense my vertrou. Ek is eerlik, ek probeer nie fancy of cool wees nie. Die storie is die belangriks­te.”

Dit inspireer haar altyd om te werk met beeldmater­iaal van aktrises wat uitsonderl­ike vertolking­s lewer – soos Clementine Mosimane in

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa