Sarie

NOG WENKE

-

Drs. Burger en De Beer gee ook dié wenke om in gedagte te hou soos jul verhouding verander.

OUERS

Respekteer jou kind se privaathei­d. Dit is normaal en nodig vir kinders om hul eie identiteit te begin vorm sonder Ma en Pa wat ’n sê het oor alles.

Luister meer as wat jy praat. Jou kind moet nou leer om self keuses (en foute) te maak – moenie inmeng nie, maar wees daar as jou kind ’n oor nodig het om te luister.

Vind nuwe aktiwiteit­e wat almal graag saam doen, en leer ken mekaar so beter.

Kom vroeg al ooreen oor hoe julle konflik gaan hanteer.

KINDERS

Dink aan jou ouers as medevolwas­senes en tree ook soos ’n volwassene teenoor hulle op. Hulle sal dan meer geneig wees om jou soos ’n volwassene te hanteer.

Vertel jou ouers wat pla – met respek en vriendelik­heid.

Moenie elke keer jou ouers vra om ’n krisis op te los nie.

Leer om dit self te doen.

Wys gereeld jou waardering vir wat jou ouers vir jou doen. tydelike oplossing. Ek doen aansoek vir baie werke en sal uittrek sodra ek kan. Al wat van my verwag word, is om my kamer skoon te hou. Ek sal ook my broer gaan oplaai as hy die aand uitgaan, of my ma sal my soms vra om inkopies te gaan doen.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa