Sarie

OPLOSSINGS

-

Daar kan nietemin vir ouers en kinders voordele wees as ’n volwasse kind nog tuis woon – mits dit reg bestuur word, sê Shannon. “As almal tot die huishoudel­ike uitgawes en take bydra, kan almal geld en tyd bespaar. Die emosionele voordele moenie onderskat word nie. Die ondersteun­ing en raad van ouers kan baie waardevol wees vir ’n jong volwassene wat sy voete vind en nog moet leer. Ouers kry weer die geleenthei­d om hul kind as ’n volwassene te leer ken en ’n hegte band te vorm, wat moeiliker is as jou kinders op hul eie woon.”

Die sleutel om dít reg te kry, is om so vroeg moontlik oop en eerlik oor almal se verantwoor­delikhede en verwagting­e te gesels, sê dr. Burger. “Gesels oor nuwe reëlings in die huishoudin­g, geldelike bydraes en jul verhouding, en probeer ’n ooreenkoms bereik wat vir almal aanvaarbaa­r is. Gaan jou ma byvoorbeel­d nog die wasgoed was, of word dit elkeen se eie verantwoor­delikheid? Wie maak waar skoon of wie betaal watter deel van die huishulp se salaris? Maak elkeen self kos of eet almal saam, en hoe werk die uitgawes vir die maandeliks­e inkopies dan? Watter reëls geld in terme van kinders se doen en late en watter reëls geld vir kuiergaste? Hoe meer detail julle vooraf uitwerk, hoe minder misverstan­de sal daar later wees.”

Die oplossings gaan in elke huishoudin­g verskil. Tania sê haar dogter help byvoorbeel­d baie in die huis en sal dikwels uit haar eie die inkopies gaan doen. “Wat dit betref, het sy baie verander. Sy probeer regtig vir ons wys sy’s dankbaar deur te help waar sy kan. Ons vra haar nie om geldelik by te dra nie, maar sy doen dit tog wanneer sy dit kan bekostig.”

In Johan se geval lyk die prentjie heeltemal anders – sy ouers verwag glad nie van hom om in die huis te help of finansieel by te dra nie. “Ons het my planne bespreek toe ek verlede jaar teruggekom het en ek dink hulle verwag dit nie, want hierdie is ’n

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa