Sarie

Friends-gebou

-

dit laat werk. “Verskillen­de kulture, aksente, almal eet saam, ontspan saam, hou saam partytjie.” Jy kan tot drie weke op see wees, ander tye woon en werk jy op die boot terwyl dit vasgemeer is.

“Daar is ’n besliste hiërargie - en dikwels ouens wat jonger is as ek wat bo my werk, en jy moet dit maar sluk as hy vir jou sê wat om te doen!” vertel Paul.

Hy het in die jaar daar 10 kg verloor. En tuis weer 8 kg aangesit, danksy baie biltong, braaivleis en sy ma se kos.

Dis fisiek harde werk en stresvol. Op ’n besige dag met gaste aan boord kan jy tot 16 km aflê. Op normale dae, tussen 7 en 8 km. Paul is deel van die buite-span wat konstant die boot in stand hou. Hulle werk ook in die enjinkamer, help met navigasieb­eplanning, onderhou weekliks al die “speelgoed” – waterponie­s, sea bobs (onderwater-scooters), submarines (’n soort rykmansdui­kboot), visvangbot­e, visvangger­eedskap, kajakke. Alles moet splinternu­ut lyk en altyd werk.

Marike en haar kollegas doen “binnewerk”, en is áltyd aan diens. Elke kamer het ’n knoppie waarmee die eienaar jou laat roep. “Die standaarde is baie hoog. As jy dink iets is skoon, is dit nog nie halfpad skoon nie,” sê Marike, wat ook van kos berei tot blomme rangskik tot was- en strykwerk doen.

Hulle gaan eersdaags op ’n 49 m-boot werk. Dit behoort aan ’n bekende filantroop wat 4,6 miljard dollar sterk is, ’n baie gawe ouer vrou vir wie hulle al voorheen gewerk het. “Mense met

‘ou’ geld wat gewoond is aan dié leefstyl, behandel jou met respek. Een eienaar se 83-jarige pa het baie van ons gehou – toe hy hoor ons was nog nooit in New York nie, het hy dadelik vir die kaptein gevra of die twee ‘African children’ saam met hom op die sondek kan staan as ons NY invaar, pleks van om te werk! Hy wou by wees toe ons die Statue of Liberty die eerste keer sien . . . Van die boot-eienaars weet jy het werk om te doen en sal jou vroegtydig laat weet hulle is op pad. Ons het egter ook al op bote gewerk met jongmense wat vinnig ryk geword het, en dis ’n nagmerrie!”

Jou eienaar kan hoe onaangenaa­m wees, maar die bepalende faktor bly die mense saam met wie jy werk. Hulle het goeie pêlle met ’n Australies­e paartjie gemaak en het ook heelwat Britse en Skotse vriende.

Suid-Afrikaners werk hard en is altyd gewild. Vir die Britte is ’n maritieme loopbaan hul toekoms, hulle doen ekstra kursusse en mik om ’n kaptein of hoofingeni­eur te word, sê Paul.

Die twee sal dit nie hul lewe maak nie – hulle is te lief vir SA. “Jy kry twee groepe Suid-Afrikaners daar. Die wat nie wil terugkom nie en niks goeds oor die land te sê het nie, en dan kry jy die wat mal is oor SA en wat daar werk sodat hulle kán terugkom,” vertel hy.

Een van die voordele van die bedryf is dat jou vliegkoste na waar die boot ook al vasgemeer is, deur die bootbegrot­ing gedek word. “Die bedryf het soveel geld. Daar is geen begroting of beperking op aankope nie. As ek ’n spesifieke saadjie met my muesli wil hê, word dit dadelik aangekoop.” Die luukse is verstommen­d. In Savannah, Georgia, het hulle op ’n seiljag gewerk wat die speelding is van ’n man wat ook ’n eiland in die Bahamas naby Johnny Depp en Eddie Murphy se eilande het.

Met min uitgawes kon hulle al ’n goeie neseier opbou, met ’n kompromie of twee. Paul het vir Marike geleer om meer spaarsaam te wees. En sy het weer vir hom geleer as jy in die middel van New York is, is dit oukei om R150 vir ’n bier te betaal!

Hulle is deesdae streetwise ,enwou eintlik nog net een keer regtig tou opgooi. “Een boot se kaptein het almal swak behandel, hy was disrespekv­ol, lui, en sou sy offisier so onder druk plaas dat dit deurgesyfe­r het na die hele span. Dit was bitter onaangenaa­m,” vertel Paul.

Maar ’n mini-vakansie of ’n lekker naweek gee jou weer ’n inspuiting.

Soos toe hulle vir ’n week na Tulum in Mexiko is. Hulle het geswem, in grotte geduik, taco’s geëet, fietsgery, ou Majaruïnes bekyk . . . “Dan stres jy natuurlik as jy weer terug in die VSA moet kom. Jy moet jou storie ken. Dis altyd intimidere­nd om in en uit Amerika te kom, maar dis alles deel van die opwinding,” lag Paul.

Dis ’n uitdagende bedryf, met baie opoffering­s, maar elke dag bly ’n ongeloofli­ke ervaring. “Ons skryf saam aan ons lewensverh­aal wat ons nog baie jare sal oorvertel.”

 ??  ?? 12.Marike speel met gryshaaie op die Staniel Cay-eiland in die Bahamas. 13. By die in Manhattan. 14. Hul eerste yshokkie-wedstryd in Providence, Rhode Island (naby Newport). Buite het die sneeu dik gelê. 15. ’n Mistige dag aan die kus van Oregon. 12 13 14 15
12.Marike speel met gryshaaie op die Staniel Cay-eiland in die Bahamas. 13. By die in Manhattan. 14. Hul eerste yshokkie-wedstryd in Providence, Rhode Island (naby Newport). Buite het die sneeu dik gelê. 15. ’n Mistige dag aan die kus van Oregon. 12 13 14 15

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa