Sarie

HANTEER JOU SKOONMENSE SÓ

-

Dit is belangrik om jou skoonouers te probeer gelukkig hou. Jy is immers met hul kind getroud en is die ma van hul kleinkinde­rs. Maar stel gesonde grense. Moenie met jou skoonouers wedywer om jou man se aandag nie. Moedig jou wederhelf aan om ook genoeg tyd met sy ouers te spandeer.

Stel tye vas wanneer jou en sy ouers by julle kan kom kuier.

Gee hulle genoeg tyd saam met hul kleinkinde­rs – dit vorm ’n hegte band tussen hulle en gee jou ook ekstra tyd om dinge te doen waarvoor jy nie tyd kry nie. Probeer jou indink hoe jý eendag as skoonouer sal voel.

Sorg dat jy en jou wederhelf mekaar verstaan en saam besluit hoe julle op ’n sagte dog ferm manier teenoor die onderskeie ouers gaan optree (as hulle byvoorbeel­d inmeng met jul geldsake of kinderopvo­eding).

Wys jy stel belang in jou skoonouers se stokperdji­es – gesels met hulle oor hul reise, gunsteling-TV-programme, boeke wat hulle lees, gunsteling­kossoorte. Dit dra alles by tot harmonie.

Bronne: fatherly.com; Matt Christense­n in

Hul seun Leon woon saam met sy vrou, Line, en die 2½-jarige Gustav in Oslo, Noorweë. Hul ander seun, Chris, en sy Amerikaans­e vrou, Liz, woon in Groenpunt met die ses maande oue Liam. “Leon en die kleintjie het al by ons Kersvakans­ie gehou en ons was vir ’n wonderlike wit Kersfees by hulle. Maar ons verhuur soms ons seehuis op Hermanus oor die Kerstyd en dan loop almal maar hul eie paadjie. Chris-hulle gaan soms oor Thanksgivi­ng by sy skoonouers in NoordCarol­ina kuier want hulle kom goed oor die weg. Alles is baie rustig en onvoorwaar­delik. Ons reken as die kinders Kerstyd hul eie planne wil maak, is dit in orde. Als in ons familie is eintlik vloeibaar, sonder probleme. Nuwe generasies, nuwe dinge.”

’n Ander Kaapse vriendin, wat met ’n Engelsman getroud is, vertel hy vind haar groot Afrikaanse familiefee­ste soms oorweldige­nd. “Ons het ’n reëling dat ons nie by my familie tuisgaan soos wat my ouers verwag nie.” Hulle twee huur hul eie verblyf en sy doen lustig mee saam met haar broers en susters. Haar man loer net af en toe in en almal aanvaar dit so.

’n Skakelbeam­pte van Pretoria sê soms is dit makliker om informele reëls binne die groter familiestr­uktuur te verander as die ouers van die volwasse kinders reeds oorlede is. “In die verlede sou ek altyd my man se groot familiebye­enkomste bywoon, maar sedert die dood van sy ouers doen ek dit nie meer nie. Dit is immers sy familie, hy gaan nou alleen. Dieselfde ‘reël’ geld vir hom, hoewel hy nogal van my uitgebreid­e familie hou. Daar is wel sekere lede van sy familie by wie ek soms kuier. Niemand is kwaad oor die reëling nie.”

Sy het ook gesukkel met haar skoonma se ouderwetse siening van ’n vrou se rol. “Sy het geglo ’n vrou se plek is in die huis en sy is daar om haar man te dien. Ons het min te sê gehad vir mekaar. Dit was só ’n moeilike situasie. My skoonpa was ’n engel . . . My ma is die wonderliks­te skoonma en sal my man altyd ophemel.

“Hy was die laatlam en al middeljari­g toe sy ouer broers en susters hom steeds soos die baba in die gesin behandel het. Dit het my baie ontstel dat hy altyd laaste in die ry was vir die vakansiehu­is by die Hartbeespo­ortdam. Hy het altyd stil gebly, ter wille van die vrede, maar ek sou nie sommer my mond hou nie.” Om sake te beredder het hulle hul eie vakansiepl­ek aan die KwaZulu-Natalse Suidkus gekoop.

Elizabeth sê: “Wanneer ons deel vorm van ’n nuwe skoonfamil­ie, moet jy sensitiwit­eit vir hul waardes en ongeskrewe reëls hê, soos hulle vir joune. As jy weet hulle is baie gelowig, probeer om nie heeltyd te vloek of oormatig te drink tydens die feesgety nie. As jou swaer ’n vegetariër is, hoef jy nie elke dag vleis te braai nie. As jy weet jou skoondogte­r is feministie­s, kan jy nie aanmekaar sê vroue behoort nie te werk nie . . . probeer klein dingetjies doen. Gestel die skoonfamil­ie eet Oujaarsdag altyd pavlova ter nagedagten­is aan die jaar wat verby is, sluit dit op die spyskaart in. Dit wys jy stel belang in die ‘nuwe’ familie se manier van doen. Jy gee om.

“Ons hoef nie ons waardes, menswees en behoeftes prys te gee as ons in verhouding­s ingaan nie. Ons moet dit net bestuur deur middel van konsiderer­ende, outentieke gedrag. Laat ons ons uniekheid eer. Die lewe sou vervelig wees as ons behoeftes, waardes en rituele presies dieselfde was,” meen Elizabeth.

Koos du Plessis som dit mooi op met dié lirieke:

As jy op niemand leun nie

En niks van iemand vra nie

Hoef niemand jou te steun nie,

Hoef niemand jou te dra nie.

(Uit: “Skielik is jy vry”)

Verhouding­s is gee en neem – so, doen jou ding.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa