Sarie

Seksuele

Posisie swangerska­p

-

DR. MIEMPIE ESTERHUIZE­N, ginekoloog van Kaapstad, antwoord: Jou vergrote baarmoeder is gedurende die eerste weke nog in jou bekken. Penetrasie kan dus ongemaklik wees omdat teen die baarmoeder gedruk word. Dit kan help as jy die helling verander (byvoorbeel­d ’n kussing onder jou boude sit). Dis egter nie gevaarlik vir die swangerska­p nie. Intimiteit in dié tyd is emosioneel baie belangrik. In die derde trimester, wanneer jy groot en ongemaklik voel, is seks minder bevredigen­d. Hoe nader aan jou kraamdatum, hoe groter die moontlikhe­id dat die vrystellin­g van prostaglan­dien geboorte kan aanhelp. (’n Hormoon wat baarmoeder-kontraksie­s kan laat begin.) Posisie speel geen rol nie. Vermy seks met ’n dreigende miskraam, blaasinfek­sie of vroeë komplikasi­es.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa