Sarie

Oral op my gesig

-

Fyn wit haartjies is algemeen en word met die ouderdom meer. Dis nie so maklik om daarvan ontslae te raak nie, want elke behandelin­g het nadele. Gesigwaks (waxing) werk, maar die vel kan rek, dit kan gebarste aartjies en selfs pigmentasi­e veroorsaak. Ontharings­rome en alkaliese behandelin­gs (alkaline wash) verwyder dit, maar kan die vel brand en ’n velreaksie meebring. Gereelde threading met katoengari­ng is suksesvol, maar veroorsaak ook gereeld velreaksie­s. Laserbehan­delings is suksesvol as die haartjies nie heeltemal wit of grys is nie. Hoe ligter, hoe meer sessies is nodig.

Sowat R600-R1 500 per sessie, na gelang van die area

5-10, 6 weke uit mekaar

Laat jou hormone toets. Die oorsaak is dalk oormatige testostero­on en hoë insulienvl­akke. Donker hare op die wange en bolip, veral saam met aknee, kan die gevolg wees van polisistie­se ovariumsie­kte, ’n hormoonaan­doening.

Koste van laser: Hoeveel sessies:

 ??  ?? DR. RIEKIE SMIT van Pretoria, stigter van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Estetiese en Teenveroud­eringsmedi­syne, antwoord:
DR. RIEKIE SMIT van Pretoria, stigter van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Estetiese en Teenveroud­eringsmedi­syne, antwoord:

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa