Sarie

Voete ruik

Benoud

-

PROF. DIRK VAN PAPENDORP, mediese dokter en emerituspr­ofessor aan die Universite­it van Pretoria, antwoord: Mikrobes, bakterieë, fungi (atleetvoet) en ander “goggas” groei op jou voete en hou veral van warmte en klammighei­d. Silwernano­partikels word deesdae as teenvoeter in sokkies geweef. șBeskikbaa­r by onder meer Woolworths, Takealot, Cape Union Mart.ț Maar ná ’n paar keer in die was is dit nie meer doeltreffe­nd nie – dit was uit. șDie silwer “lek’’ boonop in die afvalwater en is sleg vir die omgewing, volgens newscienti­st.com.ț Dis nie ’n nuutjie nie, die antieke Grieke en

Romeine het uit silwer- of goue borde geëet om met bakteriële reuke klaar te speel. Hulle het selfs silwermunt­stukke in hul drinkwater gegooi om dit vars te hou.

Verwyder harde en droë vel op jou voete en moenie dieselfde skoene elke dag dra nie, wissel dit af. Leerskoene is beter as nylon of plastiek. Skrop of week jou voete in Engelse (epsom) sout, asyn of koeksoda en hou droog. Binnesole en voetpoeier kan ook help.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa