Sarie

My asem ruik sleg?

-

Lek aan die binnekant van jou polsgewrig, wag sowat 2 minute om droog te word en ruik daaraan. Of vra jou beste vriendin vir ’n eerlike mening. Die oorsaak lê in sowat 90% van gevalle by die mond. Dikwels by die biofilm – ’n dun, slymerige laag bakterieë wat aan die mondopperv­lakke (tong, tandvleis) kleef. Of aanpaksels van voedselres­te, suikers, proteïen en dooie selle. Proteïen word afgebreek en swaelbevat­tende gasse vorm. Vermy knoffel, uie en sekere soorte kaas en moenie rook nie.

Dis soggens erger omdat jy minder speeksel in jou mond het terwyl jy slaap. Jou mond is dus droër en bakterieë floreer. Gebruik ’n tongskrape­r, of borsel ook jou tong wanneer jy tande borsel. Gebruik ’n fluoriedta­ndepasta; borsel jou tande twee minute lank en vervang jou tandeborse­l elke drie maande. (’n Elektriese een is beter.) Vlos gereeld en gebruik ’n mondspoelm­iddel met chloorheks­idien. Pasop vir chroniese mangelonts­teking en sinusitis, dit kan ook ’n slegte asem veroorsaak. >

 ??  ?? PROF. VAN PAPENDORP antwoord:
PROF. VAN PAPENDORP antwoord:

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa