Sarie

Ek eet gesond, maar is steeds

-

MARIZA VAN ZYL, geregistre­erde dieetkundi­ge van die Paarl, antwoord: Toe ek twintig jaar gelede begin praktiseer het, was prikkelbar­e dermsindro­om (PDS) ’n “snipperman­djie-diagnose”. Iemand kla oor hardlywigh­eid, ongemak, kosintoler­ansie, ens. en die diagnose is: “Daar is eintlik niks verkeerd nie, eet net meer vesel.” Talle studies dui vandag daarop hoe belangrik ’n “gesonde” dermfunksi­e is. Daar is die ooglopende simptome soos ongemak en opgeblaasd­heid, ja. Maar ’n geneigdhei­d tot hardlywigh­eid kan van jou kop (depressie, konsentras­ie) tot jou tone (vitamien B12-tekort met simptome soos voete wat brand) ’n uitwerking hê.

Dit het ’n sirkel-effek. Jy’s moontlik hardlywig weens ’n trae skildklier. Maar jou skildklier­funksie sal ook beïnvloed word omdat voedingsto­wwe weens hardlywigh­eid nie voldoende opgeneem word nie. Of dalk vermy jy sekere kossoorte om simptome soos opgeblaasd­heid te voorkom. ’n Hormoonwan­balans speel ook ’n rol. Só dra die interaksie tussen hormone en jou bioom (organismes in die spysverter­ingstelsel) byvoorbeel­d by tot verskillen­de maniere waarop mans en vroue se spysverter­ingstelsel op stres reageer.

Oorsake van hardlywigh­eid buiten dieet

Trae skildklier

’n “Ongesonde” bioom weens onder meer ’n kolonoskop­ie, antibiotik­a of ander medikasie, selfs ’n reis van oos na wes, of andersom

Hormoonwan­balans

Medikasie soos diuretika en sekere antidepres­sante

Yster- of kalsiumaan­vullings

Chroniese spanning

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa