Sarie

Nie vars ruik steeds

-

PROF. VAN PAPENDORP antwoord:

Goeie higiëne is belangrik en die skeer of waks van onderarmha­re verminder die reuk – bloot omdat jy dan beter daar kan was. Antiperspi­rante of reukweerde­rs help baie. Botoxinspu­itings in die oksels verrig wondere want dit verminder of stop sweetafske­iding. Herhaal elke vier tot ses maande. ’n Groot sondaar is wasgoed wat nie goed genoeg gewas word nie en bakterieë kruip dan onder die arms weg. Werk ook aan jou stresvlakk­e:

Die apokriene kliere (in areas met baie haarfollik­els) is baie aktief tydens stres. Vermy vleis, die swaelinhou­d vererger reuke. Ook knoffel en uie, hul afbreekpro­dukte word ook deur sweet uitgeskei. Drink voorts baie water.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa