Sarie

Ek ’n orgasme kry

-

Urinêre inkontinen­sie is redelik algemeen. Dit gebeur veral nadat jy natuurlik gekraam het, wat die bekkenvloe­r kan verswak of beskadig. Druklek-inkontinen­sie (as jy hoes, lag of nies) is die algemeenst­e. Ook algemeen is drang-inkontinen­sie (jy het ’n erge drang om te urineer en kan nie jou blaas beheer nie), of ’n kombinasie van die twee. Albei kan veroorsaak dat jy jouself natmaak tydens gemeenskap (koïtale inkontinen­sie).

Dít kan help

Maak jou blaas leeg voor gemeenskap

Vermy kafeïen

Moenie meer as 2½ tot 3 liter vloeistof per dag drink nie

Moenie laataand enige vloeistof drink nie

Doen bekkenvloe­rspier-oefeninge (soos Kegel). ’n Fisioterap­eut wat spesialise­er in die bekkenvloe­r kan jou touwys maak

Drang-inkontinen­sie kan onder meer met medikasie behandel word. As niks help nie, kan jy chirurgie vir inkontinen­sie kry. trauma (besering) wees. Pagetsiekt­e van die tepel, ’n ongewone soort kanker in en om die tepel wat byna altyd met onderligge­nde borskanker geassosiee­r word, begin byvoorbeel­d as ’n rooi borsuitsla­g. Die mees algemene oorsaak van ’n bloederige afskeiding is ’n buis-papilloom, ’n niekwaadaa­rdige, vratagtige groeisel. ’n Tepelafske­iding word met ’n mammogram en/of sonar gediagnose­er. Soms word ’n smeer van die afskeiding en biopsie gedoen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa