Sarie

Wat kan ek aan my doen?

-

Spatare kan as “parasiet”-are gesien word wat die onderbene se sirkulasie beïnvloed. Dit vorm wanneer die drukking in die are te hoog is weens onder meer aarskade, te lank staan, hormone, genetiese of chroniese siektes soos diabetes, of bloedstoll­ingsiektes. Dis onooglik en kan seer en ongemaklik wees. Soms kan dit tot meer ernstige probleme lei.

Moontlike behandelin­gs

Erge spatare en -pyne: Besoek ’n vaskulêre chirurg.

Sklerotera­pie: ’n Middel word in die are gespuit wat dit laat verdwyn. Goed vir: Donker aartjies en groter spatare. Koste: R3 000-R5 000.

Laserbehan­deling: Vir fyner en sogenaamde “spinnekop-aartjies”. Besoek ’n mediese sentrum met ’n gehalte-lasermasji­en, dis veiliger. Koste: R1 000-R3 000. Endoveneus­e laserbehan­deling: Veral geskik vir groot are en word deur vaskulêre chirurge gedoen. ’n Baie dun, optiese of laservesel word met lokale verdowing binne die aar gesit en vernietig dit. Dit kan waarskynli­k van jou mediese fonds geëis word.

Voorkoming: Moenie kruisbeen sit of te lank staan nie en bly aktief.

Spataarrom­e en -pille gaan slegs simptome verlig. Kry so gou moontlik behandelin­g wanneer dit verskyn. karlien@erasmusthe­rapy.com

 ??  ?? DR. ESTERHUIZE­N antwoord:
DR. ESTERHUIZE­N antwoord:
DR. SMIT antwoord:
DR. ESTERHUIZE­N antwoord: DR. ESTERHUIZE­N antwoord: DR. SMIT antwoord:

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa