Sarie

WAT VAN VISOLIE-AANVULLING­S?

-

In Amerika is dit die aanvulling wat die derde meeste gebruik word. Of dit regtig ’n positiewe effek op ons gesondheid het, is die onderwerp van ’n warm debat. Die nuutste salvo is afgevuur deur ’n studie wat die gereelde inname van visolie verbind met ’n laer risiko vir voortydige dood en hartvatsie­ktes soos hartaanval­le en beroerte.

Die data was in die verlede ook meestal positief. Sowat ’n halfmiljoe­n Britte tussen 40 en 69 is by die studie betrek, wat in die British Medical Journal gepublisee­r is. Die studie kon egter nie enige lig werp op die dosis wat nodig is vir ’n positiewe effek nie. Visoliegeb­ruikers is minder geneig om te rook en meer geneig om te oefen, wat dalk beteken hulle volg ook meer gesonde eetgewoont­es.

Die uitslae van Britse kliniese toetse oor die uitwerking van visolie-aanvulling­s op onder meer kognitiewe agteruitga­ng, diabetes, depressie en outoïmmuun­siektes word binnekort verwag. Die eerste prys is egter vis, vis en weer vis. Jy kan in elk geval net daarby baat vind as jy vis eerder as ’n hamburger eet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa