Sarie

hamer kop! DEUR

Ontspan, dis selde ’n breingewas. Dit kan so eenvoudig wees soos te veel hoofpynpil­le. Of nie genoeg water nie. Hier is die moontlike oorsake en wat jy daaraan kan doen. Asook ’n nuwe behandelin­g vir migraine en spanningsh­oofpyn

- LYDIA VAN DER MERWE

Of jou kop nou klop, wil bars, of die ongemak allesoorhe­ersend is, dis ’n kopseer – letterlik en figuurlik. As jy boonop net mooi altyd een het, begin jy jouself later wysmaak dis ’n breingewas. Veral as jy jou simptome google en jy jouself diagnoseer.

Troos jouself daaraan, daar is ’n lang lys dinge wat dit kan veroorsaak. En dis dikwels glad nie ernstig nie.

Kenners verstaan nog nie heeltemal wat in jou kop gebeur as ’n hoofpyn toeslaan nie. Die mees waarskynli­ke rede is dat iets die kopvel se bloedvate laat swel, volgens dr. Elliot Shevel, internasio­naal gerekende hoofpynspe­sialis van The Headache Clinic in Johannesbu­rg (met ’n tak ook in Kaapstad). Gevolglik rek die senuwees om die vate en pynseine word afgevuur.

Terwyl die onderligge­nde oorsake talryk is, is daar

drie hoofsoorte: troshoofpy­n. migraine, spannings- en

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa