Sarie

Troshoofpy­n

-

Dis seldsaam en kom meestal by mans voor. Gewoonlik word dit beskryf as ’n intense steekpyn agter of rondom die oog wat sowat twee tot drie uur kan duur. Jou een oog kan traan of rooi wees en jy voel erg rusteloos. Dit gebeur in trosse of siklusse van ses tot twaalf weke en gaan dan in remissie. Jy kan dus weke lank tot agt aanvalle per dag kry. En skielik verdwyn dit, tot volgende keer, volgens dr. Shevel. “Só erg is die pyn, dit word die selfmoordh­oofpyn genoem. Die probleem kan reggestel word met ’n eenvoudige operasie, wat plaaslik ontwikkel is en by ons hoofpynkli­niek gedoen word.”

Die oorsaak is onbekend, maar kan gebeur as die ritme van die liggaamsho­rlosie versteur word, volgens die Amerikaans­e Mayoklinie­k (mayoclinic.org). Anders as met spanningsh­oofpyn, is die sneller nie faktore soos stres of hormonale veranderin­ge nie. Daar is uitsonderi­ngs, soos sekere soorte medikasie.

Die oorsake van ’n aanhoudend­e kopseer, hetsy ’n migraine of spanningsh­oofpyn, kan iets nietigs wees. Of dalk nie. Hier is wat dit jou van jou gesondheid kan vertel. in ’n gebrek aan yster, laer as normale vlakke van vitamien B12 en/of folaat. Ook chroniese gesondheid­stoestande, soos sekelsel-anemie (’n tekort aan halfmaanvo­rmige of sekelvormi­ge rooibloedl­iggaampies).

As jy simptome van bloedarmoe­de het, bespreek dit met jou dokter. Die dokter kan dan toetse laat doen om te bepaal of jy anemies is. Het jy ’n yster- of vitamiente­kort, kan dit met aanvulling­s en dieetaanpa­ssings reggestel word.

Stel dit reg:

< estrogeenv­lakke dan minder tydens jou menstruele siklus daal, volgens die Mayo-kliniek.

Vir ’n korttermyn­oplossing kan gewone rate help, soos ’n ysverband of ’n koue, klam verband, ontspannin­gsoefening­e en/of oor-die-toonbankpy­nmedikasie. Praat met jou dokter as jy swanger is, aangesien sommige hoofpynpil­le dan nie veilig is nie, sê die Mayo-kliniek.

Streshante­ringstegni­eke is belangrik op byvoorbeel­d lawaaierig­e, besige lughawens om ’n hoofpyn te besweer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa