Sarie

Jy is gedehidree­rd

-

Dis warm, jy sweet en jou mond is droog. Dehidrasie is ’n algemene sneller vir hoofpyn. Jou brein bestaan uit sowat 75% vloeistof en is baie sensitief vir die voorraad water tot sy beskikking. As dit min is, vervaardig jou brein histamien. Dis ’n noodsaakli­ke proses om vloeistof te spaar, ingeval jou brein ’n ruk daarsonder moet klaarkom. Die histamien veroorsaak pyn en moegheid. Dus hoofpyn en ook lae energievla­kke.

Drink genoeg water, selfs al is jy nie regtig dors nie. Verkieslik nie gaskoeldra­nk nie, omdat dit dikwels stowwe bevat wat hoofpyn kan veroorsaak, soos kafeïen en aspartaam. Probeer ook ander hoofpynsne­llers vermy, soos vogretensi­e. (Daar is dan waarskynli­k meer drukking op die slagare of spiere.) Ook moegheid en min slaap.

Stel dit reg:

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa