Sarie

Sinusontst­eking

-

Selfgediag­noseerde “sinushoofp­yn” is in byna 90% van gevalle migraine, volgens ’n artikel op die Amerikaans­e migraine-stigting se webtuiste (americanmi­grainefoun­dation.org). Selfs dokters diagnoseer dit dikwels verkeerd. “My ervaring die afgelope byna drie dekades is dat daar nie iets soos sinushoofp­yn is nie. Met sinusontst­eking is daar net pyn oor die ontsteekte sinusgedee­lte. Wat verwarrend is, is dat ’n migraine en ’n spanningsh­oofpyn ook sinussimpt­ome soos postnasale afskeiding kan veroorsaak,” sê dr. Shevel.

Pyn wat naby of rondom die sinusse voorkom, word dikwels verkeerdel­ik as sinusitis (sinusontst­eking) beskou. Migraine kan egter ook tot pyn op die voorkop en om die oë lei. Om dinge verder te bemoeilik kan sinusitis en ’n migraine snellers soos die weer en seisoenale veranderin­ge deel. Anders as by migraine, gaan die pyn van sinusontst­eking egter nie gepaard met naarheid en braking, lig- en klanksensi­tiwiteit nie.

Die sinuspyn sal verdwyn ná antibiotik­a met die sinusontst­eking klaargespe­el het.

Stel dit reg:

pynmedikas­ie vir hoofpyn neem, kan dit selfs verhinder dat die hoofpyn weggaan. Dit word terugslag-hoofpyn genoem.

As jy dikwels oor-dietoonban­k-medikasie gebruik, los dit vir ’n dag en kyk of jy ’n hoofpyn kry. Jy het dit dalk nie meer nodig nie. Of probeer dit drasties verminder.

Stel dit reg:

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa