Sarie

Kners op jou tande

-

Die stres en spoed van die moderne lewe kan aan mense se tande gesien word. “Ek het pasiënte in hul vroeë dertigs wat reeds ’n volle mondrehabi­litasie nodig het. Dit was vroeër eers ’n probleem by mense in hul vyftigs en sestigs,” sê dr. Zak Schabort van

The Cosmetic and Dental Emporium se Waterfront-tak in Kaapstad. Kners jy, kan dit jou ’n streshoofp­yn en ’n migraine gee. Jy weet dikwels nie eens jy is ’n knerser nie, dit gebeur byvoorbeel­d as jy slaap. Jou tandarts kan wel die letseltjie­s op jou tande sien.

Die knersspier

(masseter, ’n dik spier in jou wang) kan met Botox ontspan word en krimp dan mettertyd. Die spier begin ontspan binne sewe dae ná toediening en die inspuiting moet elke vier maande herhaal word. Nog ’n voordeel van Botox is dat jou kaakgewrig (temporoman­dibulêre gewrig) ontspan. Nie net jou gesig nie, maar die res van jou lyf is dan meer ontspanne en jou lewensgeha­lte verbeter, sê dr. Schabort.

Die hoofpynkli­niek vervaardig ’n plaatjie wat jy teen jou verhemelte dra en knersing doeltreffe­nd voorkom, volgens dr. Shevel.

Stel dit reg:

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa