Sarie

Jane’s Delicious A-Z of Herbs

-

Jane Griffiths (Jonathan Ball, R285)

In die inleiding sê Griffiths dat die inhoud van die boek nie as ’n oplossing vir alle siektes en kwale gesien moet word nie. Dis eerder ’n gids vir diegene wat graag ’n gesonder leefwyse wil nastreef. Die boek verduideli­k hoe om kruie organies te kweek en hoe om die geneeskund­ige waarde daarvan te benut. Sy verduideli­k hoe maklik dit is om ’n kruietuint­jie aan te plant, selfs in potte op jou vensterban­k! Die verskillen­de soorte kruie word alfabeties bespreek en met volkleurfo­to’s geïllustre­er. Die gids is gepak met nuttige wenke vir aanplantin­g, van saad af tot die maak van steggies, hoe om ’n formele kruietuin uit te lê, die kruie te oes en korrek te stoor. Die omvattende hoofstuk oor die kruie-apteek sal jou bewapen met die nodige inligting om die helende krag van die plante ten volle te kan benut.

Phyllis Green

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa