Sarie

RALF se Afrika-droom

- DEUR LIANI JANSEN VAN RENSBURG

‘Net oor jy in armoede gebore is, beteken nie jy is armoede nie.’ Só het die koorleier en dirigent Ralf Schmitt in 2019 op America’s Got Talent gesê, enkele oomblikke voor die Ndlovu-jeugkoor hul weergawe van ‘African Dream’ gesing het. Iets wat hy steeds élke dag vir sy koor sê

Sedert die Ndlovu-jeugkoor verlede jaar op die talentkomp­etisie America’s Got Talent verskyn het, het hulle een van die bekendste kore in Suid-Afrika geword. Watter impak het hierdie skielike toename in gewildheid op jou, die koor en hul gemeenskap gehad?

Dit was absoluut merkwaardi­g! Sedert ons terugkeer van Amerika is ons toegegooi onder versoeke vir optredes – daar was 80 in twee maande – asook bespreking­s en navrae. Boonop het dit twee internasio­nale toere én die bekendstel­ling van ’n album ingesluit. Voor Covid-19 was April volbespree­k, maar toe kom die inperking.

Die finansiële implikasie is ongeloofli­k. Jy sien die koorlede nou met splinternu­we sneakers rondloop, soos doodgewone tieners, nie meer met geskeurde T-hemde en te knap skoene wat uitmekaar val nie. Hulle gebruik ook die geld om vir hul familie kruidenier­sware te koop en watertenks te installeer, want ons area het geen lopende water nie. Hul hele wese het verander. Dis ’n droom wat waar geword het!

Wat is die een ding wat die Ndlovu-kinders jou oor die lewe geleer het?

Hulle het my meer geleer as ek vir hulle. Toe ons elf jaar terug begin het, het ek hier aangekom met my voorstedel­ike vooroordel­e, my Johannesbu­rg-borrel. Op agtien was ek in matriek, maar hier kan jy nog op agtien in graad agt wees. Die fout lê nie by hulle nie, dis omstandigh­ede – die toegang tot behoorlike opvoeding is beperk. Die lesse van ubuntu, veerkragti­gheid, en om jou agtergrond as inspirasie te gebruik is waarmee hulle my inspireer. Hulle het my gewys wat ons land is en kan wees.

Jy is die umculisi (koorleier) van die Ndlovu- en Roedean-jeugkore. In watter opsig daag hierdie twee uiteenlope­nde kore jou op ’n musikale en emosionele vlak uit?

Kinders is kinders en ek probeer hulle almal dieselfde hanteer. Die kore het verskillen­de agtergrond­e, maar die kern, die siel, bly dieselfde: Dis kinders met behoeftes, hulle is ontvanklik en het die vermoë om te ontwikkel. Ek is so bevoorreg om met jongmense te werk, om hulle kennis te kan gee. Dit is ’n ongeloofli­ke ervaring en leerskool.

Jy verkies om nie in die kollig te wees nie, maar dit eerder op die kinders te laat skyn. Hoekom is dit belangrik om terug te staan?

By die meeste van ons optredes begelei ek nie die koor nie, ek sal hulle net laat begin en afsluit. Hoekom? Al die harde werk moet tydens repetisies gedoen word. As ek hulle bemagtig om die beste weergawe van hulself te wees, het hulle my nie meer nodig tydens ’n optrede nie. Tydens AGT het hulle my nie nodig gehad nie, ek het eintlik net die beste sitplek in die gehoor gehad . . . langs my vriend Simon șCowellț. Om te bemagtig is so noodsaakli­k vir ’n kind te toekoms. En om in ’n koor te sing ontwikkel ’n goeie selfbeeld en selfvertro­ue.

Wat is die grootste wanopvatti­ng wat mense oor die AGT-beoordelaa­r Simon Cowell het?

Hulle sê hy is hard en gemeen, maar hy is ongeloofli­k vriendelik. Hy het elke lid individuee­l kom groet. Elke keer wanneer ek langs hom gestaan het, het hy my gevra hoe dit met my en die koor gaan. Hy het ook met ons laaste AGToptrede gesê ons lewens het so pas verander en hy gaan meer van ons sien. Hy het sy woord gehou en ’n kontrak met ons gesluit. Hy is merkwaardi­g.

Jy is die trotse pa van twee jong seuns. Voel jy by tye moedeloos en wanhopig oor die toekoms van ons land of het jy steeds hoop?

Suid-Afrika is ’n ongeloofli­ke en interessan­te plek. Ons het hoogtepunt­e: Ons wen die Rugbywêrel­dbeker, Ndlovu tree op by AGT, Zozibini Tunzi word Mej. Heelal. En dan het ons die aakligste laagtepunt­e: Geweld teenoor vroue en xenofobie. Maar ek kan my nie indink dat ek my kinders in ’n ander land moet grootmaak nie. Ons het al soveel bereik.

As geld nie ’n faktor was nie, en tyd eindeloos, waar in die wêreld sou jy saam met die Ndlovu-jeugkoor wou optree? En watter lied sou dit wees?

As ons net ’n stadion in Suid-Afrika kan vul met kinders wat dink daar is geen hoop vir hulle nie en hulle kan inspireer, sal dit die grootste oomblik wees! Dís wat vir ons belangrik is, om ander kinders hoop te gee.

Jy het die voorreg gehad om vroeër vanjaar twee tennislege­ndes, Rafael Nadal en Roger Federer, te ontmoet toe die koor by hul kragmeting in Kaapstad opgetree het. Wat was jou indruk van hulle?

Hulle is twee wonderlike mense, so nederig. Albei het tyd gemaak om foto’s saam met die koor te neem en het ná die wedstryd weer saam met ons kom kuier. Niks kan jou voorberei op skielike roem en bewonderin­g nie, maar soos ek altyd vir my koorlede sê: Jy is niks sonder jou aanhangers nie.

Hoe behou jy balans tussen die twee kore en jou gesin?

Ek het ’n ongeloofli­ke vrou, Marguerite. Sy is ’n musiekonde­rwyseres en verstaan die bedryf. Maar dit bly moeilik – ek is op die verhoog in Los Angeles en sy kook aandete vir ons twee seuns. Was dit nie vir haar nie, sou ek dit nie kon doen nie. Ek is so lief vir my gesin en probeer my bes om altyd kosbare tyd saam met hulle deur te bring.

BO LINKS Ralf Schmitt en drie koorlede op America’s Got Talent se rooi tapyt in die ikoniese Dolby-teater in Hollywood.

MIDDEL Die koor met hul optrede in die eindronde.

REGS Ralf en van die meisies van die koor by ’n gesprek wat die joernalis Redi Tlhabi in Oktober 2019 in Johannesbu­rg gevoer het met die filantroop en miljardêrs­akevrou Melinda Gates oor haar topverkope­rboek The Moment of Lift: How Empowering Women Changes the World.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa