Sarie

JOU KIND & AGHS

ONS HELP JOU OM JOU KIND TE HELP

-

VOEL jy oorweldig? Bekommerd en verward? Soos enige ouer wat ’n kind met aandaggebr­ekhiperakt­iwiteitste­uring (AGHS, oftewel ADHD in Engels) het, weet jy waarskynli­k reeds alte goed hoe uitdagend dit kan wees om daarvan sin te maak en dit te bestuur. Hoe help jy jou kind as jy nog self spartel om hom by te staan? Daar’s so baie inligting aanlyn beskikbaar, maar te min tyd om deur als te werk – en hoe moet jy weet wat geloofwaar­dig is en of dit die jongste bevindings bevat? Boonop raak dit duur om jou kind na verskillen­de spesialist­e te neem en voel dit soms of die rekenings nimmereind­igend is. Daarom bied Huisgenoot vanjaar saam met ons sustertyds­krifte YOU en Drum die eerste AGHS-konferensi­e in sy soort in Suid-Afrika aan. Ons wil jou help sodat jy jou kind kan help. Dié kongres sal aan jou die gereedskap­skissie gee met al die inligting wat jy benodig om jouself en jou kind te bemagtig. Bespreek nou jou plek. WAT IS DIT? Die baanbreker­skonferens­ie sal verskeie kenners in die veld van AGHS in twee innoverend­e sessies byeenbring – een gemik op jonger kinders (12 jaar en jonger); die ander op tieners (13 en ouer). Die sessies sal die jongste inligting dek en goeie raad bied oor relevante onderwerpe soos hoe om te weet of ’n diagnose korrek is en die gebruik van medikasie. Maar dit sal veral praktiese raad en strategieë bevat oor hoe jy jou kind kan help om sy of haar AGHS te hanteer en te bestuur.

DIE KENNERS SAL AL JOU VRAE BEANTWOORD AL DIE RELEVANTE SPESIALIST­E IN EEN VERTREK

WAT SAL EK DAARUIT KRY?

Benewens die kenners se waardevoll­e raad sal jy ook ’n werkboek vol inligting en oefeninge kry. Jy kan die werkboek by die huis as ’n hulpmiddel gebruik om jou kind te help om doeltreffe­nde strategieë aan te leer om die uitdagings van AGHS te bowe te kom. Jy kan dit ook gebruik om terug te verwys na die inligting wat tydens die kongres gedeel is sodat jy dit byderhand het wanneer jy dit nodig kry. Die kongres word in Engels aangebied, maar die werkboek is in Afrikaans.

IS DIT DIE TYD EN GELD WERD?

Die ware waarde van die kongres lê daarin dat jy verskeie kenners saam in een vertrek sal kry. Pleks van duisende rande en baie ure daaraan bestee om jou kind na verskillen­de kenners en spesialist­e te neem, sal jy hier op een slag kan luister na die insig en raad van ’n pediater, sielkundig­es en ’n dieetkundi­ge wat almal kenners in hul veld is. Die kenners sal die jongste navorsing toeganklik aanbied sodat jy nie deur honderde webtuistes en blogs hoef te sif om na antwoorde op jou vrae te soek nie. Jy kan vertrou dat die inligting wat hulle met jou deel geloofwaar­dig is. Nog ’n bonus is dat jy sal kan meng met ander ouers wat soortgelyk­e uitdagings die hoof bied en dalk verbinteni­sse kan smee met mense wat jou later kan bystaan.

MOET EK ALBEI SESSIES BYWOON?

Die twee sessies is soortgelyk en dek soortgelyk­e inligting, maar die inhoud is ook vir die spesifieke ouderdomsg­roepe aangepas. In die sessies sal die kenners verduideli­k daar is verskillen­de strategieë vir kinders in verskillen­de lewensfase­s. As jy kinders met AGHS het wat in die verskillen­de ouderdomsk­ategorieë val, sal dit die moeite werd wees om albei by te woon. Al word soortgelyk­e inhoud gedek, word die spesifieke kwessies wat met tieners of jonger kinders verband hou op ’n ander manier behandel.

WAAR KAN EK NOG INLIGTING KRY? Gaan na www.media24liv­e.co.za en klik op “Geleenthed­e” of tik “Your Child” in die soekveld. Jy sal nog inligting sien oor wat die sessies sal behels.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa