Sarie

Redakteurs­brief, 5 Maart 2020

-

Word wakker!

Twee woorde, en ek sit regop.

Li Edelkoort, een van die wêreld se voorste tendensvoo­rspellers, se praatjie as deel van Kaapstad se jaarlikse Design Indaba wil ek nooit misloop nie. Want in net drie uur skets sy die wêreld, oos na wes, noord na suid, in al sy verbystere­nde kleur, sy fabelagtig­e vorms en unieke kreatiwite­it. En begryp jy, wéér ’n keer, die uitsonderl­ike dinamika tussen ons en ons planeet. Hoe oorsaak en gevolg uitspeel en hoe alles tog verbind is. Jy connect the dots.

Verlede jaar het sy gepraat oor die opkoms van bruin, lank vergete, maar ’n skakering sagter en meer vergewend as swart. Simbolies van die aarde, die kleur van toenaderin­g, kan jy maar sê. Iets wat die mensdom broodnodig het.

Vinnig het ons die leefstylsp­ore van bruine om ons begin raaksien. In die winkels en op loopplanke fluweelbru­in, ryk karamel, gebrande oranje, bottergeel, roombeige. Hout en bamboes. Klip en metaal.

Nou, sê Li, spoel ’n golf van groen oor ons planeet. Tradisione­el ’n vreugdevol­le kleur, simplistie­s, broos, tekenend van ’n nuwe begin, maar dié keer ook met ’n angel: Stop. Kom tot jul sinne. Word wakker!

Wêreldwyd het groen, en die prag daarvan, die kleur van aktivisme geword. Vir ’n planeet wat verneder en verrinnewe­er is en om hulp smeek.

Op ’n Mei 2019-voorblad van Time sit die kinderakti­vis Greta Thunberg geklee in groen. Nog voor sy aangekondi­g is as Time se Persoon van die Jaar 2019. Nog maar 17, maar haar boodskap pront: “Ons kan nie aanhou leef asof daar geen môre is nie, want daar ís ’n môre . . . veranderin­g gaan kom van mense wat aksie éis, en daardie mense is ons.”

Daardie “ons” noem Li die “new warriors”. ’n Generasie van op-en-wakker-en-omgee jongmense wat heel moontlik gaan wys húlle is die Great Generation. Die jeug, 7-jariges, 11-jariges, 17-jariges, wat nou leiding neem, ons dikwels op ons neus laat kyk of ons daarvan hou of nie en hul stem laat hoor oor die wêreld en die vergrype van ons generasies. Wat ongemaklik­e vrae vra en druk sit op hul ouers, wêreldleie­rs en nywerheids­reuse. Op óns. Dit moet ’n eerste wees.

Nee, hulle is nie kenners nie, g’n wetenskapl­ikes, ook nie Hollywood-bekendes, koninklike­s, popsterre of politici nie, maar hulle is wákker. “Woke”, om die huidige gonswoord te gebruik. 150 miljard mode-items (sonder modebykoms­tighede) wat jaarliks vervaardig word vir ’n wêreldbevo­lking van 7,7 miljard? Dít kom as ’n skok. Die impak op die planeet onmeetbaar.

Groen ís die agenda. Volhoubaar­heid ’n móét. Vir seker gaan ons nie oornag die wêreld kan verander nie, maar ons kan êrens begin. Individue, maatskappy­e, vervaardig­ers. Doen wat ons kan. Minder koop, slimmer koop, met meer sorg kies, herwin, hergebruik, vernuwe, vrae vra, nader aan die aarde leef, omgee.

Ons is by die vurk in die pad, was Li se boodskap.

Dit was goed en reg om dit te hoor, maar ons wéét dit tog. Ons sien daagliks hoe die planeet steier. Brande, vloede, virusse. Dit is tyd vir werklike aksie.

Groen, en alles waarvoor groen staan, is die enigste pad vorentoe. En wat ’n móói kleur is dit nie. Groenmooi, soos ons planeet.

Tot ons weer gesels wanneer ons Junie-uitgawe vanaf 25 Mei op die rak is. Dán het ook die manne ’n sê!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa