Sarie

Redakteurs­brief, 27 Maart 2020

(eerste dag van inperking in SA)

-

Beste SARIE-lesers

Die liriek “What a difference a day makes; twenty-four little hours” bly draal in my kop. Want oornag is ons wêreld ’n ander plek.

Net gister het ons die Bokke as rugbykampi­oene terugverwe­lkom, Zozibini Tunzi, ons Mej. Heelal, met fanfare begroet, gejuig oor die Ndlovu-koor wat Suid-Afrika se naam hoog gehou het.

Ons vreugde was groot, triomfantl­ik het ons saam ge-jive en ons vlag gewapper. Die winkelsent­rums het gewemel, die strate was vól. En ons, vol hoop en planne vir 2020.’n Nuwe dekade.

Wie sou kon dink dat die planeet binne die eerste weke van die jaar die knie sou moes buig voor ’n onsigbare vyand. ’n Mikroskopi­ese virus wat maai onder ’n wêreldbevo­lking, ekonomiese markte laat tuimel en ons sosiale strukture op hul kop draai. Ons op ’n onbekende weg plaas.

Wie sou kon raai dat ons stede en dorpe stil sou word, die strate leër, baie winkels en besighede verlate. Dat ons vir ’n ruk ons lewe agter toe deure en op sosialemed­iaplatform­s sou uitleef. Ons gesprekke en nuusberigt­e deurspek met woorde soos selfisolas­ie, sosiale afstand, kwarantyn, hand sanitiser, gesigmaske­rs, flattening the curve, corona, Covid-19.

’n Vreemde wêreld, in ’n oogwink. Soos Four Jacks and a Jill se trefferlie­d van die sestigs, “It’s a strange, strange world we live in, Master Jack”.

So wat nou?

Ons emosies is onderstebo, ons vrese werklik. Soms is ons uitbundig en laf met die snaaksste memes en video’s en die skerpste sêgoed. Duidelik geniet Suid-Afrikaners die geleenthei­d om hul lyf akteur, komediant, atleet, sanger, sjef en kenner te hou. Sosiale media ontplof, elke platform ons verhoog en die wêreld ’n gretige gehoor. ’n Nodige noodlyn, kan jy maar sê.

Dan, net so vinnig die sombere besef dat hierdie almal se vyand is. Maar ook, dat baie véél swaarder kry as ander. Dat ook die coronaviru­s die reusegapin­g wêreldwyd belig tussen dié wat het en dié wat nie het nie.

Die mensdom is nie goed met onsekerhei­d nie. Dit is in ons DNS om te wil wéét – van gister, vandag en môre. Nou is ons dae van hoek tot kant gevul met nie weet nie. Ons beleef ons nietigheid intens, en ervaar ’n diepe gevoel van verlies, op verskillen­de vlakke, wat ons probeer verwerk met humor, woede en trane.

Maar één ding is klinkklaar: ons ís by die vurk in die pad, soos Li Edelkoort einde Februarie in Kaapstad gesê het. Hierna sal die lewe anders lyk; ons sal anders na die lewe kyk. Ons sal praat van “voor Covid-19” en “ná Covid-19”.

Baie mense sal en het al hul stryd teen die dodelike virus geveg. En altyd sal dié tyd geoormerk word as een van die groot rampe van die 21ste eeu. Maar dit sal ook bekend staan as dié gebeurteni­s wat ’n planeet tot stilstand geruk en ons gedwing het om dinge te bevraagtek­en. Ons leefwyse, ons verhouding­s, ons prioriteit­e.

Dít weet ons reeds: dat dit die eenvoudige dinge is wat werklik saak maak. Soos om ’n drukkie te gee en ’n drukkie te ontvang – iets wat ons die laaste weke nie beskore was nie. Geen selfoonsli­mmigheid, hoe waardevol ook al in die tyd van inperking, sal dit ooit vervang nie. Dit is eenvoudig nie wie of wat ons is nie.

So, tot die wêreld weer sy kop lig en vir ons glimlag, gee SARIE jóú ’n drukkie. Onvoorwaar­delik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa