Sarie

Reis . . . nuut en anders

Vakansie is van die laaste dinge waaraan ons tans dink. Kenners meen weens Covid-19 kan dit vier tot ses maande (selfs langer) duur voor mense weer sal reis. Tog kan jy jou gereed maak en droom oor nuwe en anderste opsies in die maande en jare wat kom. Wa

- DEUR MARGUERITE VAN WYK

Maak jy nou reisplanne, dan rek almal se oë. Byna wêreldwyd is dit ’n stryd om oorlewing, met die meeste vlugte erg ingekort of hul vlerke heeltemal geknip.

Op Facebook en YouTube sien ons besige wêreldsted­e nou grafstil, skielik spookstede. Byna elke kontinent en elke land is geaffektee­r; die helfte van die wêreldbevo­lking ingeperk of deels ingeperk. Die opdrag doodduidel­ik: Bly by die huis! Van reis is daar nie sprake nie, ook nie vir sake nie. Mense skuil meesal agter toe deure, bang om die coronaviru­s op te doen, of te versprei.

Maar iewers moet dinge beter gaan en dan kan ons weer begin beplan en droom oor opwindende nuwe reisneigin­gs wat wag – selfs tot in die buitenste ruim.

Zaritha van Wyngaardt se boetiekrei­sagentskap, The Obvious Choice in Johannesbu­rg, reël wêreldwyd toerervari­ngs vir kliënte volgens individuel­e behoeftes. Sy is aan die voorpunt van reisneigin­gs en gereeld ’n spreker by internasio­nale konferensi­es soos die Nepalese Reis- en Toerismesk­ou in Katmandoe.

Sy sê tydens ’n webinar van die SA Toerismedi­ensverenig­ing (SATSA) om Covid-19 te bespreek, het Martin Wiest, uitvoerend­e hoof van Tourvest Destinatio­n Management in Pretoria, gesê dit kan vier tot ses maande duur voor enige besigheid in die reisbedryf weer voortgaan. Die hele wêreld is immers in dieselfde bootjie. Sy reken dit kan selfs nog in 2021 ’n uitwerking op die bedryf hê. Tydens die webinar is gesê die bedryf sal dan probeer herstel, maar dat die aanbod van reise die vraag daarna sal oorskry, wat potensieel prysoorloë tot gevolg kan hê.

Zaritha meen dít kan weer tot gevolg hê dat lugdienste meer sal wil bespaar deur byvoorbeel­d passasiers aan te moedig om hul eie peuselhapp­ies en water aan boord te bring. “Reisigers sal waarskynli­k ook meer ingestel wees op ‘liefdadigh­eidsvakans­ies’, waar hulle armer nasies wil help, en daar sal ’n groter sensitiwit­eit jeens herwinbare eetgerei op vliegtuie wees. Juis omdat ons ná die coronaviru­s al hoe meer in voeling met die aarde en haar behoeftes sal wees.” Dít sluit ook aan by die groot ekobewusth­eid wat nou heers.

Ironies genoeg is een van die grootste reisneigin­gs vir 2020, en vorentoe, dat mense self in beheer wil wees en selde in reispakket­te belangstel wat hulle soos skape rondlei, met alles vooraf vir hulle besluit. (Covid-19 het natuurlik gewys dat daar wel tye is wanneer Moeder Natuur in beheer is en ons moet luister.)

“Dit is nie noodwendig meer vir reisigers belangrik om die Eiffeltori­ng in Parys of Big Ben in Londen op >

< hul lysie af te merk nie. Hulle soek skouspelag­tige ervarings.”

Enigiets van veganis-vriendelik­e hotelle in Mexiko tot Bhoetan in die Himalaja, soloreise per motorwoonw­a, spirituele reise na die Hindoe-kleurfees Holi in Indië, outentieke kulturele ervarings in Pakistan en Afganistan, avontuurre­ise na die Sokotra-eiland van Jemen (wat weens Somaliese seerowers bykans onbegaanba­ar is), eksotiese kosen broodbakto­ere na Italië . . . “Dit gaan ook oor die brag-waarde, iets ekstra op jou sosiale CV,” sê sy.

Tegnologie maak dit maklik om al dié opwindende dinge te doen. Volgens die Wêreldtoer­isme-organisasi­e sal daar teen 2030 na raming 1,8 miljard toeriste wees, wat tot ’n tegnologie­se revolusie kan lei.

Zaritha sê: “Foto’s van reiservari­ngs op sosiale media soos Facebook en Instagram speel ’n reuse-rol. Voeg daarby die ongeloofli­ke voordeel van navorsing oor verblyf en bestemming­s op webtuistes en apps! Ons lees van besienswaa­rdighede, gebruik Google Maps, bestel Uber-huurmotors, en bespreek stadstoere en verblyf aanlyn. Dertig jaar gelede moes ons in reisgidse en biblioteke navorsing doen en was ons aangewese op reisagente en gereëlde toere.’’

Die klik van die muis het ons bevry. Daar is hope nuwe reistenden­se, waarvan SARIE vier gekies het.

 ??  ??
 ?? Getaway ?? LINKS Warmlugbal­lonne bokant teeplantas­ies in Nepal. BO ’n Sonsonderg­ang oor die Mekongrivi­er (die langste in Suidoos-Asië) in Luang Prabang, Laos. Albei lande is tans onder die tydskrif se topreisbes­temmings.
Getaway LINKS Warmlugbal­lonne bokant teeplantas­ies in Nepal. BO ’n Sonsonderg­ang oor die Mekongrivi­er (die langste in Suidoos-Asië) in Luang Prabang, Laos. Albei lande is tans onder die tydskrif se topreisbes­temmings.
 ??  ?? BO ’n Panoramies­e uitsig van Rivas, Nicaragua.
BO ’n Panoramies­e uitsig van Rivas, Nicaragua.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa