Sarie

Avonturier hoor: ‘Lééf vir my’

Een van die wêreld se heel grootstes. Ekstreme avonture, soos manalleen deur Antarktika, is in sy bloed. Hy wou opgee, maar sy vrou, Cathy, se laaste boodskap bly sy inspirasie om aan te hou

- DEUR RIETTE RUST FOTO’S DAWN SARASIN

“Leef vir my. Leef vir ons albei,” het Mike Horn se geliefde Cathy op haar sterfbed gesê. En dis presies wat die wêreldbeke­nde avonturier nou doen.

“Vir my was dit erger om my vrou as my eie lewe te verloor,” sê hy. Hy wou vir goed tuisbly, maar sy dogters het gesê, nee, dis nie wie Paps is nie (dis hoe hulle hom sedert hul kinderjare noem, want ja, Mike is Afrikaanss­prekend).

Reeds as 13-jarige het hy geweet hy wil berge van molshope maak.

Hy is in Johannesbu­rg gebore en nou ’n Switserse avonturier. Profession­eel. Sy lys prestasies is ongeëwenaa­rd.

In 2016 het hy die eerste mens ter wêreld geword wat Antarktika in die Suidpool deurkruis het. Op sy eie. In Januarie vanjaar het hy sy Pole2Polei­deaal bereik deur die Arktiese Oseaan in die Noordpool te oorkruis.

Daar is nog vele meer.

Met sy T-hemp, jeans en pet laag oor sy oë lyk Mike onopvallen­d waar hy in ’n Kaapse hotel agteroorsi­t. Die woeste baard wat hy van sy ekspedisie­s oorhou, is afgeskeer. Hy lyk jonger as

54, sy vel gloei. Daar is geen teken meer van vriesbrand, ’n gebreekte skouer of pynlike voete nie. Jy let ook nie die ontbrekend­e vingerlid op wat hy tydens die Grensoorlo­g in Angola in ’n landmynont­ploffing verloor het nie.

Mike pak sy avonture aan per voet, aan die swem of bergklim, op ski’s, met ’n vlieërski, op ’n fiets, in ’n kano of met ’n seilboot. “Die liefde vir wat ek doen en die opwinding moedig my aan.” In sy motivering­spraatjies oral het hy dié boodskap: As jou drome jou nie bang maak nie, is hulle te klein.

Sy avonture word algaande meer ekstreem. “Een fout kan my my lewe kos, daarom neem ek die beste toerusting saam.”

Mike se nuwe boek, Dream of a Lifetime: Crossing Antarctica ( Jonathan Ball-uitgewers) het onlangs verskyn.

“Ek wou my droom deel, ander

Ek weet nou die moontlike is eintlik onmoontlik Mike

se oë oopmaak vir ons planeet se ontoegankl­ikste juweel.”

Die teenspoed in Antarktika was ingrypend, vertel hy. Die vrieskoue wind het hom en sy vlieër soms teen 40 km/h gesleep. Terwyl hy oor ysriwwe geski het, het hy hard en ernstig geval. Die harnas aan sy slee het gedreig om sy heupe te ontwrig en die temperatuu­r kon tot byna -50 ºC daal. “Niemand kan jou daarop voorberei nie. Ek weet nou die moontlike is eintlik onmoontlik.”

Hy fokus nie op die dood nie. “Ek het nie ’n testament nie. Ek wil bly lééf, dis my verantwoor­delikheid om terug te kom na my geliefdes.”

Annika en Jessica besef hul pa kan só sterf, maar ook hulle fokus nie op die dood nie. “Hulle kry waarde uit wat ons deel: die opwinding, risiko, onsekerhei­d en die unieke planne wat ek moet maak.

“Hulle sê ook: ‘Paps is bang vir niks, allermins vir droom.’”

Die voorafreël­ings is ’n groot storie. Veral om permitte te kry van die verskillen­de lande waardeur hy reis. Cathy het voorheen die geweldige logistiek behartig. Hulle het nog die Antarktika-ekspedisie saam beplan.

“Nou gaan ek voort vir haar. Sy kon probleme oplos, hoor! Ek verstaan reëls en regulasies, maar wanneer ek wel aan die vereistes voldoen, is dit nie reg om my toestemmin­g te weier nie.”

Hy betree immers nie verbode terrein of benadeel die landskap nie.

Met Antarktika is hy nietemin met ’n dagvaardin­g gedreig. “Ek raak baie geïrriteer­d wanneer mense my lewe moeilik wil maak.”

Dit kan sukkel om borge te kry. In die verlede was dit apartheid, maar baie borge wil hulle steeds nie verbind aan iemand wat dalk kan doodgaan nie.

Wanneer hy sulke teenstand kry, praat hy met Cathy. “As jy maar kon weet hoe moeilik dit is om my droom lewend te hou.”

Tydens sy ekspedisie­s fokus hy nie op waarde vir geld vir die borge wat hom wel ondersteun nie. “Ek wil net bly leef. En wanneer ek ’n ekspedisie suksesvol afgelê het, is almal suksesvol.”

Antarktika het hom geestelik en fisiek uitgeput. Krisisse was daar baie. Hy het byna sy tent in sterk wind verloor. Sy een windseil het weggewaai en hy moes ’n ander een se geskeurde lugkussing­s self toewerk. Sy ski het gebreek. Sy stoof en pot het weggeraak en hy kon nie ys vir drinkwater smelt nie.

In ’n harde valslag is sy skouer gebreek. Daarna moes hy met een arm tent opslaan, vliegski en soms sy swaar slee vir kilometers trek. Maar vir pyn skrik Mike nie. Hy het met ’n boorpunt en sonder verdowing sy toonnael deurboor om infeksie te verlig. Ook ’n vleiswond met ’n chirurgies­e krammetjie “toegestik”.

Sy kompasnaal­d het weens die uiterse koue begin tol. Hy was onseker waar hy was en volg toe die enigste voëltjie in die sneeulands­kap. “’n Teken van Cathy af. Ek het deurentyd haar teenwoordi­gheid aangevoel. Dis baie alleen, jy moet glo daar is iemand anders.” In die natuur praat hy ook met die Skepper.

Die ergste was dat sy boot, die Pangaea, hom nie by die eindpunt kon oplaai nie, die stroombaan­paneel het ophou werk. Hy het dadelik planne gemaak ingeval hy die dodelike winter in Antarktika sou moes bly. Hy sou ’n igloe bou en gedroogde pikkewyn eet.

Maar opgee, nooit! “Wanneer jy jou ingesteldh­eid verander, kan jy óm struikelbl­okke loop, eerder as vas in hulle.”

Prins Albert van Monaco het eindelik gereël dat ’n boot wat vir die Franse in die Suidpool kos neem, hom oppik.

Mike erken hy was nie elke oggend gemotiveer­d nie. Wat sou vandag gebeur? Sou dit nog kouer word? Sou hy die beplande afstand kon aflê? Hy weet wel dat tagtig persent van sukses in ’n gesonde brein gehuisves word. >

< “Moenie onkruid in jou kop plant nie, eerder blomme. Fisieke krag het perke, maar jou kop strek verder. Soms reik jy diep na binne om ‘hulpbronne’ te vind.”

Wanneer hy saans, yskoud, sy tent toegerits het, het die speellys wat Cathy spesiaal vir hom gemaak het, hom deurgedra. “Die realiteit is hard, maar só kon ek ontsnap.”

Hy sien nie weer kans vir ’n soloeksped­isie deur Antarktika nie. “Ek was die antwoord. “Ek het natuurlik dadelik afgehaal gevoel.” Maar toe gaan sy pa, Michael, oftewel “Birdie”, voort: “Jy kan nie, want jy gaan eendag groter en beter wees as ek.”

Mike was 13 toe die gesin in Namibië gaan voetslaan het. Hy het een oggend vroeg met sy nuwe toerusting by die kampplek uitgeglip en ’n steil berg uitgeklim. “Daarbo het ek vry gevoel. Ek het die moontlike gevaar oorleef. Dis wat ek vir altyd sou najaag.”

 ??  ?? Mike aan boord van die ekspedisie-seiljag Pangaea waarmee hy en sy span uit die Kaapse hawe Antarktika toe vertrek het.
Mike aan boord van die ekspedisie-seiljag Pangaea waarmee hy en sy span uit die Kaapse hawe Antarktika toe vertrek het.
 ??  ??
 ?? Dream of a Lifetime: Crossing Antarctica. ?? Dit het die Pangaea drie weke geneem om Antarktika te bereik. Mike hou aan die mas vas terwyl hy ’n moontlike deurgang soek. “Ons het dinge gesê soos ‘dis pragtig’. Maar van toe af was dit: Doodsgevaa­r of nie?” vertel hy in sy boek oor die ekspedisie,
Dream of a Lifetime: Crossing Antarctica. Dit het die Pangaea drie weke geneem om Antarktika te bereik. Mike hou aan die mas vas terwyl hy ’n moontlike deurgang soek. “Ons het dinge gesê soos ‘dis pragtig’. Maar van toe af was dit: Doodsgevaa­r of nie?” vertel hy in sy boek oor die ekspedisie,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa