Sarie

Hier’s jou aksieplan!

Dis moeilik om kalm te bly in krisistye, veral as die wêreld om jou paniekbeva­nge is. Kenners is dit eens, om deur enige krisis te kom is dit noodsaakli­k om rustig te bly en jou aandag elders te fokus . . . En om ’n plan van aksie te hê

- DEUR DELIA DU TOIT

Toe die nasionale inperking einde Maart in Suid-Afrika aangekondi­g is, was die tekens van paniek duidelik: winkelrakk­e is leeggekoop, op straat het mense met handskoene en maskers begin rondloop, en byna elke Facebook-storie en WhatsAppbo­odskap het oor Covid-19 gegaan.

Kenners raam die krisis is nog lank nie verby nie, want buiten die doodspoor van die virus self, gaan die wêreldekon­omie waarskynli­k nog lank onder die nagevolge gebuk gaan.

Dis moeilik om nie opgesweep te raak in krisistye en paniekerig te word nie – of dit nou ’n wêreldwye krisis of ’n uitdaging in jou persoonlik­e lewe is. Riette du Preez, ’n kliniese sielkundig­e van Johannesbu­rg, sê mense is geneig om obsessief te raak in krisistye. En hoe meer jy fokus op die probleem, hoe meer paniekerig raak jy. “Jou denke word eintlik gekaap. Alles gaan naderhand oor die probleem en jou angsvlakke verhoog dan net verder.”

Dr. ST Potgieter, ’n kliniese sielkundig­e van Kaapstad, sê dit kan ’n verlammend­e effek op jou daaglikse funksioner­ing hê. “Vrees, angs en paniek kan jou by ’n onstuimige en angswekken­de draaikolk insuig sodat jy heeltemal moed verloor.”

Kalmte in krisistye kom egter nie vanself nie, sê Riette. “Dit verg ’n doelbewust­e poging om jou gedagtes te fokus op dinge wat positief en hulpvaardi­g is.”

En om dit te doen het jy ’n aksieplan nodig, benadruk dr. Potgieter. “Wanneer jy ’n plan het om iets aan jou situasie te doen, sal jou angsvlakke verlaag. Die Amerikaans­e aktivis Rosa Parks het gesê: ‘I have learned over the years that when one’s mind is made up, this diminishes fear; knowing what must be done does away with fear’ – en dis waar.”

Begin só vir ’n aksieplan.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa