Sarie

Goud agter die skerms

Om agter die skerms aan ’n fliek of TVproduksi­e te werk, gaan nie gepaard met roem of glans nie. Maar as die eindproduk nog beter is as wat jy dit gevisualis­eer het, weet jy hoekom jy dit doen . . .

- DEUR SUZETTE TRUTER

‘Ek is gewoonlik eerste op stel, en van die laastes om te gaan’ Marí Conradie, grimeerkun­stenaar en haarstilis

Marí Conradie het al met ’n gebreekte arm aktrise Rolanda Marais se hare op stel geknip, akteur Jarrid Geduld se grimering gedoen terwyl skote buite in die strate van die bendegetei­sterde Lavender Hill digby Kaapstad klap en gesorg vir die kostuums én grimering vir ’n vollengte rolprent wat binne twee weke geskiet moes word.

In dié bedryf is daar altyd nuwe uitdagings, vertel Marí, wat die afgelope vyf jaar veral as grimeerkun­stenaar haar stempel in die filmbedryf afgedruk het. “Jy leer elke dag iets nuuts, daar is immer nog ’n interessan­te karakter, nog ’n inspireren­de akteur of aktrise saam met wie jy graag wil werk.”

Marí was eintlik voltyds interieuro­ntwerper by ’n Kaapse maatskappy toe sy vroeg in 2015 onverwags die aanbod kry om die grimering vir ’n film te doen, en “blindeling­s ingespring” het.

“Iemand het my gevra om op stel vir haar in te staan. Ek het vroeër ’n jaarkursus in grimering gedoen șMarí was die topstudent­ț en af en toe bruide gegrimeer, maar verder geen ervaring gehad nie. Die fliek was Double Echo van Deon Meyer, met Amalia Uys in die hoofrol. Ek het eintlik glad nie geweet wat ek doen nie, maar van die eerste oomblik af was ek mal daaroor,” vertel sy.

Dieselfde produksieh­uis het haar daarna genader om te werk op die stel van Dis koue kos, skat, “en van daar was dit net die een film ná die ander”.

Nou leef sy maar haar interieur-liefde uit met scatter cushions – haar kêrel, die musikant Loki Rothman, kan lankal nie meer tred hou met almal nie – en boonop het hulle net een rusbank, skerts sy.

Nie dat hulle altyd kans het om saam daarop te sit nie. As Marí aan ’n fliek werk, is sy gewoonlik eerste by die werk en dikwels van die laastes om huis toe te gaan.

“Soggens is ek die eerste mens wat die akteurs sien. Ek is goed daarin om mense en situasies te lees, ek het ’n kalmerende teenwoordi­gheid en is ’n bietjie van ’n ontlonter. Die laaste ding wat jy op stel nodig het, is nóg ’n ‘persoonlik­heid’!”

Sy geniet die hele proses: om die draaiboek te lees, die prentjie van die karakter wat in jou kop vorm aanneem, die skep van die mood board ...Enom uiteindeli­k die karakter op die monitor te sien.

Jy moet mense kan lees, ’n bietjie van ’n ontlonter wees Marí

Een van haar grootste uitdagings was die fliek Ellen: Die storie van Ellen Pakkies. “Dit was ’n emosiebela­aide drama. Ons het in haar huis in Lavender Hill geskiet, onder moeilike omstandigh­ede. My grimering is uit my hande gesteel, ons moes selfs een keer vroeg huis toe gaan toe ’n skietery tussen bendes uitgebreek het. Dit was intens. Maar dan kyk jy later die fliek en jy besef dit sou nie so treffend gewees het as dit op enige ander plek verfilm is nie.”

Die aksiefilm Ander mens het weer al haar en haar assistent se vernuf geverg omdat tyd beperk was – “een oomblik moes die akteur ’n mes in sy oog hê, die volgende oomblik nie”. >

 ??  ?? Marí Conradie
Marí Conradie
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa