Sarie

‘Ons werk vir die superrykes van die wêreld’

Van dekke en toilette skrop tot ‘waterspeel­goed’ blinkpoets . . . Om op die superjagte van die miljardêrs van die wêreld jou brood te verdien verg baie opoffering­s, maar vir Kapenaars Paul Jordaan en Marike du Toit maak ‘’n miljoen klein bonusse’ op vir d

- DEUR SUZETTE TRUTER FOTO’S VERSKAF DEUR PAUL JORDAAN & MARIKE DU TOIT

1.

Sy vou 25 keer per dag die punt van die rolletjie toiletpapi­er in ’n blommetjie, sy kan ’n bed so perfek opmaak en met ’n strykyster platstryk dat dit op ’n foto hoort, en met ’n sak vol oor- en tandestokk­ies die interieur van ’n 50 m lange superjag blinkskoon kry.

Hy het al 13 uur aanmekaar in ’n enjinkamer van sowat 50 ºC gewerk, toilette reggemaak, ’n superjag van ’n hele paar miljoen dollar daagliks help poets sodat dit lyk asof dit uit die boks kom – en met die eienaar se hondjie gaan stap.

Vir Kapenaars Paul Jordaan en Marike du Toit is dit alles deel van ’n dag se werk op die luukse bote van die superrykes in Amerika, waar hulle die afgelope jaar hul brood verdien het. Hy as deckhand , sy as stewardess.

“Ek het gegaan van die ou wat by die huis die tools virmypaaan­geeendie flits vashou tot die een wat eintlik die werk doen,” skerts Paul. En Marike voeg by: “As iemand my nou bedien, sê ek uitdruklik dankie, want ek weet wat dit vir daardie mens gaan beteken. Daar voel jy partykeer ongewaarde­er.”

Maar vir dié twee, wat met ons onderhoud op Stellenbos­ch ná drie maande se blaaskans weer op pad was na Miami vir nog ’n jaar as bootbemann­ing, maak die “miljoen klein bonusse” van die bedryf op vir die harde werk en die lang ure.

Stel jou voor: Naweke stap jy van jou boot af om ’n bier te drink – oor Ground Zero-gedenkplei­n, verby Freedom Tower met die Statue of Liberty agter jou. (Hul boot was vier maande vasgemeer in Manhattan.) Of as julle ’n af tydjie saam het, gaan sit julle teen skemer heel bo op die sondek, en van horison tot horison sien jy net water . . . En skielik duik vier dolfyne deur die deinings. Jy stap verby die gebou waar Friends geskiet is, of sien in West Palm Beach Donald Trump >

< se huis in al sy glorie.

“Soms wil jy jouself net knyp om seker te maak jy is daar. Dis amper surrealist­ies,” sê Marike. Dis al daardie oomblikke wat hul werk-avontuur die moeite werd maak.

Maar die meeste mense vra byna heel eerste, sodra hulle die paartjie ontmoet: Wat máák julle hier? Paul het ’n MScgraad in volhoubare landbou aan die Universite­it Stellenbos­ch en Marike het ’n graad in argitektuu­rontwerp aan die Inscape Design School in die Kaap.

Paul het eintlik eers in Amerika besef watter akademiese kultuur SA het, want dáár steur mense hulle nie veel daaraan nie. “In SA studeer jy hard vir jou graad en dan kom jy agter sonder ’n nagraadse kwalifikas­ie gaan jy nie juis ver kom nie. Ek skat nie ’n graad gering nie, maar dit was my ervaring. En toe ek uiteindeli­k ’n werk kry in SA, was die lewenskost­e so hoog en dit wat oorgebly het so min dat ons nie kon droom oor ’n toekoms nie.”

Marike het hom aangemoedi­g dat hulle die geleenthei­d in die VSA aangryp – haar broer is al tien jaar kaptein op ’n superjag en getroud met ’n SuidAfrika­anse vrou wat hy daar ontmoet het.

“As dit bietjie swaar gaan, fokus ons op ons doel: om te toer terwyl ons nog jonk is en dollars te verdien sodat ons kan spaar,” vertel Marike.

Maar dit was veral nie vir Paul ’n maklike besluit nie, al was die plan om net vir ’n jaar te gaan. (Sedertdien het hulle op nog ’n jaar besluit.) “Die drieuur soggens opstaan, die harde werk, dít hanteer ek, maar vir my is die groter stryd dat ek sewe jaar lank gestudeer het en nou begin ek weer heel onder. Dat jy ná ’n kursus van net twee weke (van basiese noodhulp tot brandbestr­yding) soveel meer as met jou graad kan verdien. Gelykstaan­de aan ’n jong dokter se salaris in SA, maar jy het geen uitgawes nie.”

Die eerste maand in Fort Lauderdale, Florida, was oorweldige­nd, “alles is vreemd en jy ken niemand nie”, maar hulle het gou geleer hoe om werk te kry en kontakte te maak – op Facebook, webwerwe, by crew houses.

“Ons was baie arm. In die begin betaal jy nog in rande, ons het geleef van tuna en die goedkoopst­e rys wat ons kon vind! Ons het eers dagwerk gedoen – ek op superjagte, Paul op ’n skeepswerf – verf,

Die marina in Newport, Rhode Island, waar die boot altyd vasmeer wanneer hulle daar is. Paul agter die stuur tydens ’n enjin-toetslopie ná onderhouds­werk in die skeepswerf.

Marike skuba met sowat 30 swarttipha­aie in Nassau, Bahamas. Marike by een van die watergate genoem) in Tulum, Mexiko, waar hulle met skilpaaie en vissies geswem het. Paul en Marike op die Kaapstadse Internasio­nale Lughawe onderweg na die VSA – bang en opgewonde oor wat voorlê. Paul besig met verfwerk in die enjinkamer terwyl die jag in die skeepswerf lê. skuur, konstruksi­ewerk,” vertel Marike.

En toe kry hulle hul eerste werk op ’n boot. “Vyf dae op die oop see . . . ons was so opgewonde, so bietjie seesiek ook, maar dit was oukei!” Hul eindpunt was Newport, ’n plekkie op Rhode Island waarop hulle dadelik verlief geraak het.

Die twee moes deur die jaar vir ongeloofli­ke geleenthed­e nee sê omdat hulle saam wou werk. “Ons is ’n pakket. Dis óns twee se avontuur, maar dit het ook beteken ons moes pal ons sakke pak en agter werk aan reis waar hulle ons albei kon gebruik,” vertel Paul.

Hulle het al as studente begin uitgaan, maar as jy ’n kamertjie van drie by twee meter op ’n boot deel, leer jy mekaar regtig ken. Jy is op mekaar aangewese, leer om mekaar in ag te neem. Hulle weet vir seker hulle hoort saam.

Die boot is “soos ’n koshuis met klomp mense tussen 20 en 40 jaar oud”, jy moet

 ??  ?? 1 2
1 2
 ??  ?? 5
HOOFFOTO Hul eerste blik op die Statue of Liberty. Blaaskans op Stellenbos­ch saam met familie en vriende en ’n glas Suid-Afrikaanse wyn voor die twee weer vertrek na Miami. 2. Die Brooklyn-brug soos gesien van die jag, toe hulle New York die eerste keer binnevaar. 3. Paul in Central Park. 4. Marike in Manhattan met sy kenmerkend­e geel taxi’s. 5. Hulle ry die strate van Tulum, Mexiko, plat met hul fietse – hul enigste vervoermid­del in hul tyd daar. 3 4
5 HOOFFOTO Hul eerste blik op die Statue of Liberty. Blaaskans op Stellenbos­ch saam met familie en vriende en ’n glas Suid-Afrikaanse wyn voor die twee weer vertrek na Miami. 2. Die Brooklyn-brug soos gesien van die jag, toe hulle New York die eerste keer binnevaar. 3. Paul in Central Park. 4. Marike in Manhattan met sy kenmerkend­e geel taxi’s. 5. Hulle ry die strate van Tulum, Mexiko, plat met hul fietse – hul enigste vervoermid­del in hul tyd daar. 3 4
 ??  ?? 6 7 8 11 10 9
6 7 8 11 10 9

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa