Sarie

Redakteurs­brief

-

Die laaste paar weke was vréémd, vir almal.

Daar is sekerlik geen woord wat dit beter beskryf nie. Wêreldvree­md, wesensvree­md, wildvreemd. Nie van hier nie, onseker, frustreren­d, eienaardig-snaaks, hartseer, insiggewen­d.

Dis nie iets waaraan ek ooit met mening gedink het nie – hoe ek op grendeltyd sou reageer, met inperking die mas sou opkom, hoe dit my swakhede sou ontbloot en hopelik ’n sterk punt of twee sou belig.

En ja, so oppervlakk­ig en selfsugtig soos dit klink, hoe ek sou maak as ek nie my hare kon kleur nie (dis nou buiten my eie jammerlike badkamerpo­gings), lipstiffie agter ’n gesigskerm moes dra of nie vinnig op ’n vliegtuig kon klim nie. Waar my gedagtes sou loop met die wete dat baie nie kos het nie en die kans om geld te verdien miljoene ontneem sou word, dat ontelbare vroue en kinders onveilig is in hul huise met skaars ’n uitkomkans en dat SA se werklooshe­idsyfer oornag die hoogte sou inskiet. Dat ’n land, ’n wêreld se toekoms, ’n fyn balanseert­oertjie sou word.

Hier waar ek nou by my huis in Johannesbu­rg op ’n doodstil, sonnige Sondagmidd­ag sit en skryf, het ek steeds nie die volle prentjie nie. Ek wissel tussen hoop en wanhoop, tussen giggelsars­ies en leë trane, na ander wil uitreik en myself in ’n kokon wil toespin, erkenning van ons situasie en ’n onsinnige “ag, ek’s seker dit sal oukei wees”, tussen angs en skielike kalmte, tussen probeer en wil-wil opgee.

Hoop en probeer vir wat, wonder ek dan. Giggel en huil, maar waaroor? Want nêrens is daar nou die antwoorde wat ons so soek nie. Ons is in niemandsla­nd en ervaar die verlies van wat was. Van die wêreld soos ons dit geken het, met al sy mooi en al sy onvolmaakt­heid.

Maar troos lê tog in die wete dat almal swaarkry, want hoe vergelyk jy een se swaarkry met dié van ’n volgende – elkeen se verdriet is persoonlik en uniek. En net wanneer ons op moedverloo­r se vlakte sit oor leiers wat nie konsekwent in hul optrede is en besluite neem wat ons nie glo in ons, of die land, se beste belang is nie, kom hoop in vele engelmense wat koelkop en gefokus bly in hierdie volksvreem­de tyd. Wat bly uitreik en met ’n werkbare oplossing of twee kom.

So luister ek nou die aand radio, hoeka dié medium wat vir my in hartseer tye al soveel troos gebring het. Hulle praat oor Viktor Frankl, die Oostenryks­e psigiater en oorlewende van die Joodse volksmoord, wat een van die mees basiese en waardevols­te lewensless­e vir ons gegee het: Jý kies hoe jy reageer op omstandigh­ede, ongeag hoe swaar of onregverdi­g. Jy besluit wat jou houding is. Daarvoor moet jy verantwoor­delikheid neem.

Ek móés dit hoor. Ons moet dit hoor. Want die huidige is swaar, onseker en bittervree­md. Dis die lewe. Maar altyd is daar plek vir ’n plan.

Nou is nie die tyd om op te gee nie – nie in ons soektog na eie antwoorde of op drome vir ’n toekoms vir ons en ons land nie. Ook nie op hoop vir ’n nuwe haarkleur nie!

Tot ons weer gesels wanneer die Julie-uitgawe vanaf 19 Junie op die rak is. Soos dié uitgawe (en dié van Mei), is dit bymekaarge­sit met die SARIE-span wat landwyd vanaf hul huise werk. Dáár is ’n droom en ’n plan wat gewerk het.

 ??  ?? REDAKTEURS­BRIEF
REDAKTEURS­BRIEF
 ??  ?? Met inperking kon ons nie mode skiet nie. Maar boer(inne) maak ’n plan! SARIE se Amaria Carstens het saam met Kaapse kunstenaar Lara Klawikowsk­i gewerk vir ’n anderste modestorie, geïnspiree­r deur mansmodes. Bl. 64
Met inperking kon ons nie mode skiet nie. Maar boer(inne) maak ’n plan! SARIE se Amaria Carstens het saam met Kaapse kunstenaar Lara Klawikowsk­i gewerk vir ’n anderste modestorie, geïnspiree­r deur mansmodes. Bl. 64

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa