KUNS TYDENS KWARANTYN
Van Klimt se Vrou met ’n waaier en Rossetti se Lady Lilith tot Frida Kahlo se Die twee Fridas en Rembrandt se Vrou met handskoene. Toe die Getty-museum in Amerika die wêreld uitgenooi het om bekende skilderye na te maak en ’n foto op sosiale media te plaas, was dit duidelik: Die mens se kreatiwiteit (en humorsin) ken geen perke nie . . . Die herskeppings, onder meer te sien op @tussenkunstenquarantine, het in die proses sommer ook jonger generasies aan internasionale kunswerke blootgestel.
Bronne: Washington Post; @gettymuseum; @tussenkunstenquarantaine