Sarie

HOE NOU GEMAAK?

-

’n Swak huweliksve­rhouding en onderdrukt­e probleme kan jou liggaamlik­e, geestelike en emosionele gesondheid affekteer, sê Gerda. As jy en jou maat tydens inperking probleme ervaar het waaroor jy jou kwel, moenie dit ná die inperkings­tyd bloot los of ignoreer nie. Dit sal nie vanself regkom nie.

Die eerste stap is om te erken dat julle ’n probleem het. Gee die probleem ’n naam. Julle kan dalk verskil oor wat die werklike probleem is, maar dit dwing julle om op ’n dieper vlak te kyk na die verhouding. Volgens Gerda moet albei liefs instem om aan die verhouding te werk. “In my praktyk vind ek dat paartjies dikwels probeer om self die probleme op te los. Teen die tyd dat hulle besef hulle het hulp nodig, is albei al so emosioneel ‘verniel’ dat die herstelpad lank en moeilik is. Hoe gouer julle hulp kry, hoe beter.”

Dr. Morkel stel voor dat paartjies aanklop by ’n profession­ele persoon wat vertroud is met verhouding­swerk. “Hy of sy sal julle kan help om probleme wat tydens die inperking opgeduik het, te beoordeel en saam met julle daaraan werk.”

“Die deur waardeur hulle gewoonlik van onaangenam­e situasies ontsnap het, was gesluit. Daardie deur is tipies dinge soos om langer ure by die werk deur te bring, besoeke aan vriende en familie, sport, inkopieses­sies . . .”

Volgens Gerda is paartjies veral kwesbaar as hulle al voorheen in hul verhouding angs, seer, woede, frustrasie en spanning ervaar het – en die kwessies nooit opgelos is nie. “Sulke gevoelens kon deur die inperking vererger word. As hulle boonop vasgevang gevoel het, magteloos, onseker oor die toekoms, verveeld of selfs eensaam, dan is dit waarskynli­k dat hulle ná ’n ruk eenvoudig net nie meer die lus of energie sou hê om aan die verhouding te werk nie, en opgee.”

Ook in verhouding­s wat reeds skade gely het weens ’n vertrouens­breuk soos ’n affair, oneerlikhe­id oor finansies, ’n gebrek aan ondersteun­ing of weens geweld, is die kanse goed dat negatiewe emosies weer tydens inperking na die oppervlak sou kom en verdere skade aangerig het, sê dr. Morkel.

Die kliënte oor wie sy haar veral bekommer het toe die lockdown afgekondig is, is paartjies wat reeds erge verhouding­spanning ervaar het. “Om saam in gedwonge afsonderin­g te leef met soveel sterk negatiewe emosies maak die gevaar van geweld en emosionele afknouery baie hoog. Finansies speel ’n groot rol in ’n egskeiding. Party mense kan dit bloot nie bekostig om te skei nie – ek is bevrees dat die pandemie se uitwerking op die ekonomie dinge nog meer gaan kompliseer en ongemaklik maak.”

Ekstra bronne: theatlanti­c.com; thecut.co.za

KONTAK Dr. Elize Morkel: 021 850 0004, elize@elizemorke­l.co.za, elizemorke­l.co.za Gerda de Villiers: 021 852 5374, gerda@livelifeco­ach.co.za, livelifeco­ach.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa