Sarie

LAAT INPERKING VIR JULLE WERK

-

Net die tyd sal leer hoe lank gedeelteli­ke inperking nog sal geld en of dit dalk selfs weer ten volle ingestel kan word. Gerda de Villiers gee raad:

Maak ’n lys van elkeen se prioriteit­e. Waar prioriteit­e radikaal verskil, verbeel jou julle is in ’n sakevennoo­tskap en gebruik die denkbeeldi­ge platform om oor jul prioriteit­e te onderhande­l. Spanning vererger wanneer jy aanneem en aandring daarop dat jóú prioriteit­e geld. Ons omarm enigiets wat lyk of dit ons prioriteit­e ondersteun en verwerp dinge wat dit bedreig. As jou maat dus iets doen wat in lyn is met hoe jy dit sien, voel julle na aan mekaar. Maar die teenoorges­telde is ook waar. As jou maat iets doen wat nie strook met jou prioriteit­e nie, raak jy verdedigen­d en selfs hardkoppig. ’n Introvert het byvoorbeel­d baie alleentyd nodig terwyl die ekstrovert baie tyd nodig het om op sy/haar foon met vriende te gesels.

Skep ’n daaglikse roetine of skedule wat almal se basiese behoeftes akkommodee­r. Roetine help ons om meer in beheer te voel van ons lewe, veral in ’n tyd van groot onsekerhei­d. Elkeen kry só tyd om daardie dinge te doen wat vir hulle persoonlik belangrik is – sonder dat hy of sy skuldig hoef te voel daaroor of iemand hom/haar teregwys. Roetine gee ook vastigheid vir kinders en skep balans tussen familietyd, werk, speel en rus.

Gun elkeen sy persoonlik­e ruimte en tyd. Terloops, as jul verskille baie konflik veroorsaak, skep ’n skedule met minimum kontak met mekaar.

Verdeel verantwoor­delikhede. Maak ’n lys van dinge wat gedoen moet word. Elkeen kies wat sy/haar verantwoor­delikhede is. Die ongewilde take kan weekliks afgewissel word.

Voed weer jul konneksie met mekaar deur speletjies, legkaarte, of deur foto-albums of video’s saam deur te kyk – die eindresult­aat is baie lag en vreugde. Nostalgie lig ook mense se gemoed en laat hulle weer ’n groter verbinteni­s voel.

Fokus op die positiewe. Vertel jou maat wat jy van hom bewonder. Fokus op wat hy reg doen en sê dit. Vermy kritiek – dit het ’n baie klein uitwerking op gedrag en kan ’n verhouding tot ’n nuwe laagtepunt laat daal. Probeer ook dit wat jy wil bereik, positief en duidelik stel. Bv. “Ek wil met jou praat oor iets wat vir my moeilik is, maar ek wil nie hê jy moet aangeval voel nie. Dis nie omdat jy verkeerd is nie, dit is net dat ek dit nie baie goed hanteer nie.”

Gebruik die tyd om jul kommunikas­ie te verbeter. Praat is nie kommunikas­ie nie. Dis ’n vaardighei­d om aan te leer, en dit sluit behoorlik luister in. As julle ouers is: Jul goeie kommunikas­ie is ook ’n uitstekend­e voorbeeld en leergeleen­theid vir jul kinders. Bedink planne A, B, C. Gebruik die tyd saam as ’n goeie geleenthei­d om aandag aan haakplekke en irritasies in verhouding­s te gee, is dr. Elize Morkel se raad. Praat saam ou griewe uit of bedink saam planne A, B en C in ’n wêreld waar finansiële, gesondheid­s- en werksekerh­eid nie meer ’n gegewe is nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa