Sarie

NÓG WENKE

-

Wanneer jy hande was, maak seker jy spoel jou hande deeglik af omdat enige seep wat agterbly, jou vel kan irriteer. Vermy te warm water omdat hoë temperatur­e jou vel vinniger van natuurlike olies stroop.

Dra handskoene wanneer jy skottelgoe­d was of in die tuin werk om skade aan jou hande te beperk.

Hou jou hande gesond deur hulle elke nou en dan liggies af te skilfer om selvernuwi­ng aan te help.

Smeer gereeld deur die loop van die dag sonskerm aan jou hande, want sodra jy jou hande was, was jy die sonskerm óók af.

HULP MET VLEKKIES

In sonnige Suid-Afrika kry die agterkant van jou hande byna net soveel sonblootst­elling soos jou gesig, veral wanneer jy motor bestuur. Dié daaglikse sonskade lei tot klein, donker vlekke op die agterkant van jou hande en verklap dikwels jou ouderdom die vinnigste omdat dit meer word soos wat jy ouer raak.

VERSORG SÓ:

Wend, buiten op jou gesig, daagliks ’n goeie sonskerm op die agterkant van jou hande aan en vermy verlengde sonblootst­elling op dié dele, sê Emmy. As jy gereeld lang ure bestuur, is dit ’n goeie idee om bestuursha­ndskoene aan te skaf. Profession­ele behandelin­gs soos laser, chemiese afskilferi­ng en mikroderma­brasie kan die voorkoms van erge sonvlekke verbeter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa