Sarie

OORSAKE

-

Daar is baie moontlike oorsake vir ED. Dit kan insluit:

VASKULÊRE TOESTANDE Hoë bloeddruk Verhoogde cholestero­l Hartvatsie­ktes

DIABETES

TRAUMA Besering van die ruggraat of bekken

NEUROLOGIE­SE TOESTAND Beroerte Parkinson se siekte Alzheimer se siekte

HORMONE

Lae testostero­onvlakke (sien kassie op bl. 119) Hoë prolaktien­vlakke (hiperprola­ktinemie)

NEWE-EFFEKTE

VAN MEDIKASIE Antidepres­sante Medisyne vir hoë bloeddruk Testostero­onblokkers Medisyne vir hartritme

ALKOHOL, SIGARETTE, DWELMMIDDE­LS SOOS KOKAÏEN EN DAGGA Soms kan daar meer as een onderligge­nde oorsaak wees, volgens dr. Odion Aire. “Dis dus belangrik om jou verleenthe­id in die sak te steek en ’n uroloog te besoek.”

Ander, soos het gevolg. ’n Nadeel van Viagra en kie is dat jy dit sowat 90 minute voor die aksie begin, moet neem. Vrydagaand is dalk vryaand en hy drink sesuur vol afwagting sy pil. En dan baklei hy en vroulief en dis als verniet! As jy boonop vooraf ’n vetterige maaltyd eet, beïnvloed dit die pil se werking, sê dr. Becker. Nog een, wat die naweektabl­et genoem word, is veronderst­el om 36 uur lank aktief te wees. Dit werk egter net 18 uur, volgens haar. As jy en jou vrou baklei, kan julle altyd Saterdag weer probeer.

is nou ook in kleiner dosisse beskikbaar vir daaglikse gebruik. Almal behoort aan dieselfde groep medikasie, die enigste verskil is die duur van aksie. Levitra en Viagra 8 uur, Cialis 18 uur. (Sien ook ‘‘Blou maar flou” op bl. 117.)

Cialis Levitra, INSPUITING­S IN DIE PENIS VIBRATOR Cialis,

Net as alle ander behandelin­gs misluk. Mans hou nie daarvan nie en sal enigiets anders probeer, sê dr. Becker.

Viberect is ’n vibrator vir mans met ED, ’n rugmurgbes­ering of iemand wat ’n radikale prostatekt­omie (verwyderin­g van die prostaatkl­ier) gehad het waar die senuwees behoue gebly het. Dis deur die Amerikaans­e FDA goedgekeur en lyk soos ’n kleinerige krultang. Ook plaaslik beskikbaar.

PENISINPLA­NTING

Dit is ’n mediese toestel wat permanent ingeplant word, volgens dr. Laurie Blake, uroloog van die Urologie-hospitaal.

Dit bestaan uit ’n reservoir (ballon met steriele water), pomp en twee silinders. Die silinders word binne-in die penis geplant, die reservoir in die buik en pompie in die skrotum. Wanneer jy

’n ereksie wil hê, word die silinders opgepomp (daar is darem nog plek vir romanse ook) en jy het meer beheer oor die proses. Die toestel is nie opsigtelik nie. Die nadeel: Dis duur (die koste sal deur elke individu bepaal word).

Junie is Manlike Gesondheid­sbewusthei­dsmaand.

www.urology.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa