Sarie

KNORRIGE ADAM

-

Nie net vroue gaan deur die “menopouse” nie. Iets soortgelyk­s gebeur met mans. Ook hulle kan ná 45 fisieke en emosionele simptome ervaar soos ’n gebrek aan energie, warm gloede, buierighei­d, lae libido en probleme in die bed. Dié veranderin­ge weens ’n testostero­ontekort is geleidelik en subtiel. Mans práát ook nie sommer daaroor nie. Maar vra jy spesifieke vrae, is dit duidelik die simptome is al ’n ruk reeds daar. “Het jou libido afgeneem?” “Ja. Maar geleidelik.”

“Het jou energievla­kke gedaal?” Ditto.

Testostero­ontekortsi­ndroom (TTS) kan met enige man ná 45 gebeur. Testostero­onvlakke verlaag van 25 af en op 80 is dit laer as voor puberteit. Nie alle ouer mans het TTS nie en die simptome se intensitei­t verskil. (Adam, of is een van die ouer benamings daarvoor.)

Mans het testostero­on nodig om gesond te bly. Dié met ’n tekort verloor spiere en sit gewig aan, veral om die maag. (Dis ’n nare kringloop: Vet om die maag breek testostero­on af, wat jou nóg meer gewig laat aansit.) Jou risiko is dan groter vir

metabolies­e sindroom (vetsug, hoë bloeddruk, hoë cholestero­l en insulienwe­erstandigh­eid sáám) en diabetes. Jou beendigthe­id verlaag en jou risiko vir osteoporos­e is dus groter.

Testostero­onaanvulli­ngs word op drie maniere toegedien: ’n Pil: Jy moet dit tot drie keer per dag neem. ’n Inspuiting wat jy elke twee weke moet kry.

Die beste is ’n inspuiting wat sowat 3-4 maande werk.

Newe-effekte: Jy kan dalk aknee of vergrote borste kry, maar dit gebeur selde. Testostero­onaanvulli­ngs word nie vir mans gegee wat nog kinders wil hê nie omdat dit met die vervaardig­ing van sperms kan inmeng. Ook mans met ’n geskiedeni­s van prostaat- of

borskanker, of wat prostaatka­nker het. Dit help nie dadelik nie, maar jy gaan waarskynli­k ná ’n maand of wat reeds beter begin voel.

Die gebeur soms dat TTS-simptome verbeter net omdat jy jou leefstyl verander. Dit sluit in ’n gesonde dieet, oefening, gewigsverl­ies, moenie rook nie en drink minder alkohol. Ontlaai stres op ’n gesonde manier – dit onderdruk testostero­onvlakke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa