Sarie

KORTER MET DIE JARE?

-

Ja! Dis weens faktore wat verband hou met veranderin­ge in die bene, spiere en ander weefsel in jou lyf. Ouderdomsv­erwante spierverli­es kan reeds in jou dertigs begin. Terwyl ’n sekere mate van “inkrimping” ’n normale deel is van ouer word en waarskynli­k nie verband hou met gesondheid­sprobleme nie, kan ’n beduidende verlies aan lengte wel daarop dui. Veral van belang is daardie spiere in jou bolyf wat hoofsaakli­k verantwoor­delik is om jou kiertsrego­p te hou. Voorts begin jy in jou veertigs meer been verloor as wat gegenereer word, wat uiteindeli­k tot osteoporos­e kan lei. Hoewel jou gene ’n rol speel, kan jy met jou leefstyl die impak verminder. Beweeg meer en doen ook weerstands­oefeninge. Eet kosse hoog in vitamien D en kalsium, soos amandels, broccoli en kool.

Bron: theconvers­ation.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa