Sarie

O

-

p die plaas waar Sanna saam met haar ouers woon, swaai Bertus van Zyl die septer. Haar pa en broer werk met die skape en haar ma in mevrou Rita se Groothuis. Ná skool help Sanna soms in die Groothuis, waar sy gefassinee­rd raak met die meisie met die geel hare wat nooit uit haar kamer kom nie. Sy knoop agter haar ma se rug ’n vriendskap met haar aan en ervaar eerstehand­s hoe die mense van die Groothuis maak asof Inge nie bestaan nie. Min weet sy dat dié vriendskap haar lewe onherroepl­ik gaan verander. Dat sy beskuldig gaan word van ’n misdaad wat sy nie gepleeg het nie en in die tronk gaan beland.

Engela Ovies se verhaal vertel van dié onreg en watter impak dit op die lewe van ’n gesin en ’n gemeenskap het. Sal Sanna ná 15 jaar in die tronk die skerwe van haar lewe kan optel en uiteindeli­k met haar jeugliefde, Johannes, herenig word?

Gevra oor die inspirasie vir die verhaal, sê Engela die wêreld is vir haar ’n eindelose boek vol stories. “Ek sien in elke mens ’n verhaal. Ek hou daarvan om saam met ouer mense te kuier, om te luister hoe hulle destyds gelewe het. Ek is ’n gevoelsmen­s.”

SARIE-boekeredak­teur Phyllis Green het per e-pos met Engela oor (Human & Rousseau, R230) gesels. Vertel meer oor jouself? Vertel van die skryf van

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa