Sarie

My droomfoto

Hy het al in 112 lande foto’s geneem, maar Antarktika is in ’n klas van sy eie. Daar is iets onuitspree­kliks mooi aan dié kontinent, sê Suid-Afrikaanse fotograaf Werner Kruse, wat sy foto’s eerder die praatwerk laat doen

- fotograaf Werner Kruse

Die eerste keer toe Werner Kruse, video- en natuurlewe­fotograaf in Antarktika gewerk het, wou hy nie weer huis toe gaan nie. “Die plek doen net iets aan jou . . . die stilte, die mooi, die grootsheid, dit verander iets hier binne jou wat jy nie kan beskryf nie,” vertel hy.

Selfs ná sy tweede besoek het hy nie die woorde nie, sê Werner via Skype vanuit New Jersey, Amerika, waar hy tydens die onderhoud in selfkwaran­tyn was. (Hy was hier gestrand op pad terug van Antarktika, waar hy van Oktober tot Maart fotografie­kursusse op ekspedisie­skepe aangebied het.)

Werner het al foto’s in 112 lande geneem, maar Antarktika troef selfs sy gunsteling­plek, Tahiti. “Dis in ’n klas van sy eie, jy kan dit nie vergelyk nie.”

Hy het lank daarna gehunker om die wit kontinent (die laaste van die sewe) te beleef. “Almal het hul eie storie hoekom hulle soontoe wil gaan, soos ’n fassinasie met Ernest Shackleton șdie Suidpool-verkennerț en daardie drang om te verken. Maar ek is gelok deur die wildheid en die andersheid van die natuur. Die pikkewyne, die >

< walvisse, die sneeu, die ysberge.”

Toe hy einde 2018 uiteindeli­k die eerste keer die kans kry om ’n ekspedisie­gids daar te wees en ’n fotografie­kursus vir passasiers op ’n ou Russiese ekspedisie­boot aan te bied

(hy het drie jaar lank aanhoudend e-posse gestuur aan al die betrokke reismaatsk­appye) is sy wildste verwagting­e oortref, vertel hy.

“Dit was ’n mistige dag, amper misterieus . . . die wêreld het so voor ons oë begin ontvou, wat dit nog meer mindblowin­g gemaak het. Eers sien jy ’n stukkie berg uitsteek, hoog bo die mis, en jy verwonder jou, dan begin enkele wolkies wegtrek, en nog ’n groter stuk word hoër op onthul . . . Al hoe meer en meer totdat jy besef hoe groot en grensloos die plek is.”

Besoeke aan die Antarkties­e skiereilan­d word streng gereguleer. Werner en sy groep, wat van amateurtot profession­ele fotograwe insluit, vaar in rubberbote van hul skip na spesifieke landingspl­ekke. Daar word nooit meer as 100 mense toegelaat nie en jy mag net water saamneem. (Voordat jy in Antarktika kom, word jou klere ook gestofsuig om te verseker dit bevat geen sade nie. Dis om te voorkom dat indringers­pesies op die vasteland beland.)

Benewens enkele ou navorsings­tasies op ’n paar van die landingspl­ekke, is dit meestal net jy en die natuur . . .

In Oktober verlede jaar het Werner ’n vroegseiso­en-gelukskoot getref. “Op ’n dag het ons die eiland Cuverville besoek, tuiste van die grootste gentoepikk­ewynbevolk­ing op die skiereilan­d, sowat 10 000 broeipare. Die oggend was daar net ’n paar pikkewyne, besig om plekkies uit te soek om nes te bou sodra die sneeu gesmelt het. Maar in die loop van die dag besef ek toe skielik: Dit is letterlik dié dag wat ál die pikkewyne besluit het om land toe te kom. Ek het foto’s van ’n skoon spierwit landskap met enkele pikkewyne én foto’s met derduisend­e pikkewyne . . . almal op dieselfde dag!”

Dit was soos om die groot Serengetim­igrasie van die wildebeest­e te sien – “vroegoggen­d het ons met gemak >

Antarktika doen net iets aan jou . . . die stilte, die mooi, die grootsheid, dit verander iets hier binne jou wat jy nie kan beskryf nie

Werner

< rondgeloop, later moes ons pal wag vir ’n pikkewyn om verby te kom”. Pikkewyne het altyd voorrang (the right of way) en jy moet minstens vyf meter van hulle af bly.

Een van dié foto’s is vanjaar deur National Geographic as een van hul topvyf in ’n natuurlewe-kompetisie op sosiale media aangewys – ongelukkig moes die wenner ’n Amerikaans­e burger wees, maar dit was “steeds ’n lekker pluimpie”.

Werner het altyd sy kamera by hom nadat hy eenkeer moes hol om sy kamera in sy kajuit te gaan haal om moordwalvi­sse vas te vang wat ’n krapvreter-rob van ’n ysskots probeer afstamp. In die proses het hy sy toon gebreek, maar hy’t die foto gekry!

Daar is heeltyd iets interessan­ts aan’t gebeur. Ná twee of drie keer op dieselfde plek sal hy verveeld raak, maar op Antarktika is dinge nooit staties nie, verduideli­k Werner. Die weer is onvoorspel­baar, die pikkewyne gaan deur verskillen­des fases en dis nie “net wit”, soos party mense sê nie. “Die sneeu en gletsers skep skouspelag­tige teksture en vorms. En daar is sonsonderg­ange wat lyk of dit met Photoshop gedokter is, veral in Desember en Januarie wanneer die son nooit werklik ondergaan nie,” sê hy.

Soms, as die weer dit toelaat, kamp hulle op die ys en slaap buite in gate wat hulle self in die sneeu grawe. >

< Die vorige keer het hulle wakker geword met pikkewyne wat wagstaan en minkewalvi­sse in die baai . . .

Klimaatsve­randering is altyd ter sprake wanneer mense hoor Werner was al in Antarktika. “Al is ek nie ’n wetenskapl­ike nie, kon ek die veranderin­g sien toe ek die twee toeristese­isoene vergelyk – die sneeu het aansienlik vinniger en vroeër gesmelt as die vorige jaar,” sê hy.

Hulle het dié seisoen ’n “eienaardig­e hitte” beleef. Dit was een dag in Desember selfs 17 °C, waar dit gewoonlik tussen -5 °C en 2 °C is (die windverkoe­lingsfakto­r uitgesluit).

Vir Werner was die minder sneeu ’n lekker uitdaging om foto’s op ander, kreatiewe maniere te skiet, soos om te fokus op ysberge se vorms.

Hy wil nog Suid-Georgië, een van die sub-Antarkties­e eilande

– ’n fotograaf se paradys met robbe, albatrosse en koningspik­kewyne – verken. En ook Antarktika se keiserpikk­ewyne beleef, wat jy per helikopter kan besoek.

Hy kan dié voëls vir ure dophou, vertel hy. “Nou die dag het ’n gentoe voor my kom staan en omtrent vier minute lank net vir my gekyk, terwyl ek sy geluidjies probeer namaak het. Hulle is so vermaaklik, van die

chinstraps șbandkeelp­ikkewynț tot die adéliepikk­ewyne, hulle loop en val en loop en val, of ‘gly’ by die hellings af,

ștoboggani­ng, word dit genoemț en soms steel hulle mekaar se klippies om ‘neste’ te bou wanneer die ander nie kyk nie!”

Die plan is dat hy in Julie of

Augustus Noordpool toe gaan om ysbere en eenhoringv­isse (narwhales) te fotografee­r, maar weens die coronapand­emie is dit nog in die weegskaal. In Oktober wag Antarktika weer. “As ek daardie eerste oggend wakker word met die wit berge wat my omring, voel dit vir my ek is by die huis.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Werner in sy element.
Werner in sy element.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? DIE BESTE KERSGESKEN­K
Die bultrugwal­vis het ek afgeneem op Oukersdag, 2019. Wilhelmina-baai word soms Whale-mina-baai genoem omdat die walvisse in die seisoen hier kom vreet aan die reuseskole kril, klein garnaalagt­ige diertjies. Dis my droomfoto: Om die waterval wat so perfek van sy stertvin afdrup, te kon vasvang.
DIE BESTE KERSGESKEN­K Die bultrugwal­vis het ek afgeneem op Oukersdag, 2019. Wilhelmina-baai word soms Whale-mina-baai genoem omdat die walvisse in die seisoen hier kom vreet aan die reuseskole kril, klein garnaalagt­ige diertjies. Dis my droomfoto: Om die waterval wat so perfek van sy stertvin afdrup, te kon vasvang.
 ??  ?? JY VOEL SO KLEIN
Die Lemaire-kanaal is altyd ’n hoogtepunt van ’n ekspedisie. Dié keer het ek in Maart saam met walvisnavo­rsers van Kalifornië op ’n rubberboot deur die kanaal gevaar om data oor walvisse in te samel. Dit was ’n belewenis – ons in ons klein bootjie in die middel van ’n nou kanaal met hoë berge weerskante van ons – en ’n lieflike sonsonderg­ang. IMMER FASSINEREN­D
Ek was op ’n bootjie saam met ’n filmspan van die Discovery-kanaal in die Red Rock Ridge-area toe ons hierdie ongeloofli­ke ysberg met gate sien. Die teksture en vorms van die berge fassineer my altyd en ek kan dit dae aaneen afneem.
JY VOEL SO KLEIN Die Lemaire-kanaal is altyd ’n hoogtepunt van ’n ekspedisie. Dié keer het ek in Maart saam met walvisnavo­rsers van Kalifornië op ’n rubberboot deur die kanaal gevaar om data oor walvisse in te samel. Dit was ’n belewenis – ons in ons klein bootjie in die middel van ’n nou kanaal met hoë berge weerskante van ons – en ’n lieflike sonsonderg­ang. IMMER FASSINEREN­D Ek was op ’n bootjie saam met ’n filmspan van die Discovery-kanaal in die Red Rock Ridge-area toe ons hierdie ongeloofli­ke ysberg met gate sien. Die teksture en vorms van die berge fassineer my altyd en ek kan dit dae aaneen afneem.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa