Sarie

DRIEKUNS VIR FINLAND

-

Finland is vir die derde keer agtereenvo­lgens as die gelukkigst­e land ter wêreld aangewys, aldus die 2020 World Happiness Report.

Vreemd om so ’n verslag tydens ’n globale pandemie uit te reik? Dis juis relevant, sê die samestelle­rs. Hulle meet geluk nie aan ’n glimlag nie, maar “tevredenhe­id met die lewe en vertroue dat jy in ’n land woon waar inwoners vir mekaar sorg en omgee”. (Die peiling toon 91% van die Finne is tevrede met hul president en 86% vertrou die polisie.) Tydens die krisis het die Finne geglo elkeen sal sy deel doen en was hul reaksie op toesprake deur leiers toewyding. Groot groepe vrywillige­rs het kos namens ander gekoop en veldtogte begin vir diegene wie se inkomste bedreig is. Ook tops: Denemarke, Switserlan­d, Ysland en Noorweë. Suid-Afrika is 109de uit 156 lande.

Verwerk uit: nytimes.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa