Sarie

Emo Adams: ‘As ek kon, kan jý ook’

-

“Toe ek jonger was, het my ouers my na variety shows toe gevat, dit was soos ’n doe, met jou mooiste broek aan, hare geborsel en gevreet vol Vaseline. Baie van die kunstenaar­s was net by die plaaslike gemeenskap op die Kaapse Vlakte bekend. Dit was my leerkurwe, op daai stoel met die reuk van koesisters en samoesas om my.” Rol die tyd vorentoe na sy All Star-teater in Brackenfel­l, Kaapstad, vertel Emo Adams. Dáár word elke Donderdaga­and ’n talentkomp­etisie gehou, die prysgeld R1 000. En dis waar Maak my famous, sy kykNET-werklikhei­dsreeks (tans op TV), gebore is. “David Kramer, Taliep Petersen, as dit nie vir hulle was nie, het my lewe dalk ’n ander koers gekies. Nou het ék die vermoë om iemand met talent ’n platform te gee. Dis so maklik soos ’n whatsapp instuur, al woon jy ook waar. En al het jy nie die agtergrond of ’n fênsie hemp nie. Jy is nie jou omstandigh­ede nie. As ek kon, kan jy ook. Ons worry te veel om mekaar sleg te sê, in plaas daarvan om mekaar op te bou.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa