Sarie

Top-3 estetiese behandelin­gs vir die manne

Gevorderde estetiese behandelin­gs geniet toenemend aandag onder ons mans. Hulle wil goed voel, én goed lyk

-

Ons manne maak mooi! En nie net met ’n gesigroomp­ie hier en ’n haarsny daar nie. Mans betree ook ál meer die wêreld van estetiese behandelin­gs, vir enigiets van chemiese afskilferi­ng tot laserhaarv­erwydering en mikronaald­behandelin­gs. Volgens dr. Anushka Reddy, ’n estetiese dokter by die Medi-Sculptklin­iek in Johannesbu­rg, is dit veral mans met ’n loopbaan in die korporatie­we wêreld wat by haar kom aanklop. “Hulle hou daarvan om beheer te neem van hul voorkoms en wil soos hul beste self lyk.” Yolandé Swanepoel, hoof van programont­wikkeling by die

Isa Carstens Akademie, beaam dit. “Danksy sosiale media en werklikhei­dsprogramm­e op TV is mans meer bewus van hoe hulle lyk en boonop ingelig oor die talle nie-indringend­e behandelin­gs wat beskikbaar is. Die samelewing se ingesteldh­eid op ’n gesonder leefwyse is ook ’n dryfveer agter die behoefte by mans om so goed te lyk soos wat hulle voel.”

 ??  ?? monica.vanderwalt @sarie.com of @monxsterr op Instagram
monica.vanderwalt @sarie.com of @monxsterr op Instagram
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa