Sarie

Mooier hande

Hulle is blootgeste­l aan wind, weer en water. Soveel meer noudat ons met die coronaviru­s ons hande gereeld was. Dis tyd om hulle goed te vertroetel

- DEUR SUANNÉ MULDER

DROOG EN BESKADIG

Wanneer jy jou hande gereeld was of met handreinig­er sterilisee­r, stroop jy jou vel van vog. Mettertyd raak jou hande droog, grof en selfs jeukerig. Dit is omdat die seep en die alkohol in handreinig­ingsproduk­te wat onsuiwerhe­de verwyder, jou vel se boonste lipiedlaag beskadig, sê Emmy Stoltz, hoof van spa’s vir die plaaslike spa-en-lyfsorgree­ks MatsiMela. Fyn skeurtjies ontstaan dan in jou vel waar kieme kan binnedring en inflammasi­e veroorsaak.

VERSORG SÓ: Dis baie belangrik om elke keer nadat jy jou hande gewas het, ’n goeie handeroom te gebruik. Kies ’n produk met bestanddel­e soos hialuronsu­ur, gliserien, galambotte­r en plantolies wat verlore vog aanvul asook die velwand herstel sodat vog beter ingeseël word. Gebruik ook handwaspro­dukte wat voedende en strelende bestanddel­e soos aloe vera of vitamien E bevat. As jou hande buitengewo­on droog is, gaan vir ’n salonbehan­deling wat spesifiek ontwikkel is om beskadigde hande te vertroetel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa