Sarie

Leesdinge

Chris Rainier (Earth Aware, R1 050)

- Phyllis Green

Die bekroonde Kanadese dokumentêr­e fotograaf Chris Rainier reis na die uithoeke van die wêreld om inheemse en bedreigde kulturele rituele te fotografee­r. Dertig jaar gelede het hy die eerste keer maskers in Nieu-Guinee afgeneem. So is sy belangstel­ling geprikkel om tradisione­le maskers te soek en te dokumentee­r voordat die kulture uitsterf. Vandag word van dié maskers nog net in museums se glaskaste gesien. In Mask vang hy die rituele en danse voor sy lens vas wat steeds deel van volke se kulture is. Jy beleef saam met hom die misterieus­e inisiasie-rites van Burkina Faso, geheime gebedsritu­ele van die monnike verskuil in Nepalese kloosters diep in die Himalaja, die beeren raafregali­a op die feesseremo­nies van Noord-Amerika se Eerste Nasies, sowel as die skrikwekke­nde Krampusmas­kers van die Oostenryks­e Alpe. Sy dokumentêr­e reis van die afgelope

30 jaar is asemrowend en fassineren­d.

 ??  ??
 ??  ?? ONDER LINKS ’n Lid van die inheemse Tlingit-stam in Alaska met sy raafmasker. REGS ’n Sjamaan tree op in NoordMongo­lië.
ONDER LINKS ’n Lid van die inheemse Tlingit-stam in Alaska met sy raafmasker. REGS ’n Sjamaan tree op in NoordMongo­lië.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa