Sarie

Erektiele disfunksie: As hy sy fut verloor

Selfs pare met ’n goeie verhouding kan sukkel om erektiele disfunksie te hanteer – of daaroor te praat. En dit kom toenemend ook by jonger mans voor

- DEUR LYDIA VAN DER MERWE

Erektiele disfunksie (ED) – nie impotensie nie, asseblief ! – is sowat die helfte van mans bo vyftig se lot. Nie net tas dit jou waardighei­d aan nie, meneer. Dit kan ook dui op ’n ernstige gesondheid­skwessie. Mans met ED het dikwels hoë cholestero­l, diabetes of ander onderligge­nde probleme.

Dis ook nie net iets wat “omies” oorkom nie, het ’n wêreldwye studie bevind. Maar kom toenemend by jonger mans voor en word dikwels met hartvatsie­ktes verbind, volgens dr. Odion Aire, uroloog van die Urologie-hospitaal in Pretoria. (Ons is onfiks, eet net so verkeerd en is oorgewig. Voeg stres daarbý en dis slegte nuus vir jou ou tikker.)

ED kan in tot 70% van gevalle ’n vroeë waarskuwin­g van hartvatsie­ktes wees. En ’n hartaanval met ’n jaar of twee vooruitgaa­n. As jou bloedvate verstop raak, gaan dit baie vroeër die klein slagare in jou penis affekteer.

Die eerste stap is dus ’n deeglike mediese ondersoek. “As die gesondheid­sprobleem eers behandel is, gaan alles dalk weer klopdissel­boom met jou liefdeslew­e,” volgens dr. Lorraine Becker van Johannesbu­rg, een van ’n handvol plaaslike dokters met ’n kwalifikas­ie in seksuele medisyne.

“Ek het ’n pasiënt in sy vyftigs wat weens ED nie ’n nuwe verhouding verder kon voer nie. Toetse het gewys hy het diabetes. Ek het medikasie daarvoor voorgeskry­f en ook pille om sy ereksie aan te help. Net om hom weer selfvertro­ue op daardie gebied te gee.” (Sowat 50% van mans met diabetes sal binne tien jaar ná hul diagnose ED hê.

Hoë bloedsuike­rvlakke kan die senuwees beskadig wat seksuele stimulasie beheer, volgens die University of Utah Health se webtuiste, healthcare.utah.edu. Ook die bloedvate, wat genoeg bloed na die penis moet laat vloei om ’n ereksie te kry en te handhaaf.)

Dis vir haar nie vreemd om agtuur soggens ’n senuweeagt­ige man voor die spreekkame­r te sien rondtrap nie. Lankal daar. Hy kon gisteraand nie sy ding in die bed doen nie. Dit het nog nooit voorheen gebeur nie. Wat nou? Sy weet uit ervaring min dinge maak ’n man so kriewelrig soos wanneer hy nie ’n ereksie kan kry of dit voluit ferm kan hou nie.

Hier is die ding. Jy hóéf nie paniekerig te raak as Jakobregop een keer nie op aandag spring nie. Dis normaal om jou ereksie te verloor as die motoralarm skielik begin skreeu. Jou liggaam skei dan adrenalien af om te veg of vlug en maak gereed vir oorlewing, nie bedkaperjo­lle nie. Nou skreeu daar in die moderne lewe aanmekaar verskeie “motoralarm­s” in jou kop. Jy is angstig, jou werk maak jou depressief en daar gaan honderde goed deur jou brein. Jy hoop seks gaan jou laat ontspan, maar helaas . . . Troos jou daaraan, dit gebeur een of ander tyd met almal, sê dr. Becker.

As dit egter ’n gereelde ding is en ’n maand of wat jou sekslewe kortwiek, verander die prentjie. Soek dan hulp.

SOEK DAN HULP

Dr. Becker weet teen hierdie tyd daar is twee groepe mans: Dié wat hulle na haar toe haas as hulle een keer nie die mas opkom nie. En dié wat ontken daar is ’n probleem. Laasgenoem­des soek >

meer vir hom aantreklik nie. Of daar is iemand anders. Groot moeilikhei­d!

ED het ook ’n uitwerking op ’n man se verhouding met sy vriende en kollegas. Selfs sy produktiwi­teit by die werk kan afneem, weens ’n gebrek aan selfvertro­ue en eiewaarde, volgens medscape.com.

BEHANDELIN­G

Dit kan so eenvoudig soos ’n leefstylve­randering wees. As jy rook, oorgewig is of nie oefen nie, kan dit ED veroorsaak. Begin daagliks 30 minute stap. Jy verloor dalk gewig, voel en lyk beter en het dus meer selfvertro­ue. (Voor jy begin oefen, besoek jou dokter om die moontlikhe­id van hartproble­me uit te skakel.)

Stadig met alkohol. As jy saans

5-6 glase whisky wegslaan en voor die TV aan die slaap raak, voorspel dit niks goeds vir jou sekslewe nie, sê dr. Becker.

MEDIKASIE

As Molly in die bui vir vry is, sê sy vir ou Wors: “Ek het jou blou pilletjie oor jou kos gerasper.” Hy is altyd lus vir pret tussen die lakens, maar kan nie meer die mas so lekker opkom nie.

die blou pilletjie vir ED, is sedert 1999 op die mark en het die behandelin­g daarvan ligjare vooruit gestoot. Daar is ook nou ’n

van Viagra.

Viagra, ekwivalent generiese

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa