Sarie

SO SÊ ANNERLE BARNARD OP SARIE.COM

-

Dís waarom sy die donker temas van kinderhand­el, dwelms en kinderporn­ografie in haar jeugverhal­e, Sindikaat en Sweepslag (Tafelberg, R195 elk), takel.

Daar was die laaste paar jaar gereeld nuusberigt­e oor kinderhand­el, dwelms en die seksuele misbruik en verfilming van minderjari­ges in die Vrystaat en die res van Suid-Afrika. Menseregte­kenners reken dat bewusmakin­g tot verminderd­e blootstell­ing lei. Volgens die internasio­nale slawerny-indeks (Global Slavery Index) is ongeveer 155 000 mense in Suid-Afrika in die een of ander vorm van moderne mensehande­l vasgevang en bestaan die gevaar dat tot 54% van die bevolking in hierdie strik kan trap. Dit is dus ’n baie relevante tema – net soos die smokkelhan­del in bedreigde spesies (Sindikaat). Die jeug is nie dom nie en jy kan hulle beslis nie ’n rat voor die oë draai nie. Vanweë die tegnologie en ons veranderen­de hedendaags­e samelewing is hulle baie meer blootgeste­l as ’n paar dekades gelede. In internasio­nale jeugfiksie is géén tema taboe nie. Fanatiese tienerlese­rs lees dikwels vanaf vyftien volwasse fiksie, wat enige tema aanroer. ’n Onderwyser­es het eendag vir my gesê een van haar leerlinge het Afrikaanse fiksie beskryf as net nóg ’n Afrikaanse cliché. Dis belangrik dat die jeug graag boeke in hul moedertaal sal wíl lees en daar is regtig uitmuntend­e, moderne Afrikaanse fiksie beskikbaar.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa