Sarie

PERFEK VIR DIE WINTER-WEER

Of jy ’n beginner of ’n ervare handwerker is, die nuwe uitgawe van die gewilde SARIE Kreatief is propvol inspirasie met iets vir almal om te brei of hekel

-

Van ’n mus tot ’n mantel, ’n modieuse jas en 13 stylvolle patrone vir die voller figuur, hierdie uitgawe het patrone te kies en te keur. Dit bevat ook mooigoed vir die kleingoed en twee klassieke truie vir die manne. En as jy verkies om te hekel, sal jy ’n patroon vind wat in jou smaak val. Dié uitgawe se patrone is weer in Engels, soos deur julle, ons lesers, versoek. Dis duidelik, volledig en maklik om te volg, asook toegelig met sketse en diagramme om brei- en hekelwerk te vergemakli­k. Ekstra inligting aangaande tegnieke en afkortings word verduideli­k. En as jy nie maklik by ’n breiwinkel kan uitkom nie, vertel ons jou waar jy aanlyn jou benodigdhe­de kan koop.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa