LEKKERSTE TROOS
Tydens die inperking het SA verbete gebak en gebrou. ’n Bietjie kombuisterapie, want daar’s niks wat troos soos kos nie. En daar is niks soos brood en piesangbrood wat ons met “veiligheid” laat terugdink aan ons ma en ouma se kombuis nie. SARIE KOS Herfs het juis nou piesangbrood op die voorblad en daar’s 9 brode te kies en te keur. Gaan soek hom – hy’s nou op die rak.