CBD VIR JOU VEL
Produkte wat kannabidiol-olie (CBD) bevat, is tans supergewild en word geloof vir hul kalmerende en antiinflammatoriese eienskappe. Die plaaslike handelsmerk Goodleaf, wat onder meer olies, e-sigarette en drankies met CBD verkoop, spog nou ook met ’n uitgebreide velsorgreeks. Reinigers en vogrome vir jou gesig en lyf asook ’n serum en masker is beskikbaar. Elke produk is verryk met botaniese ekstrakte uit Afrika om velkwessies soos aknee, psoriase en dermatitis te behandel. By Goodleaf-winkels in Kaapstad, Pretoria en Johannesburg of goodleaf.co.za